Weg!

Soet bederwe!

Souserige poedings is perfek vir koue verdryf.

Karamel-en-grondboontjieblokkies

Vir 16 blokkies | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 20 minute | Oondtemperatuur 170 °C

Jy benodig

• 230 g botter
• 1 koppie karamelsuiker
• 2 eiers
• ¼ koppie melk
• 5 ml karamelgeursel
• 2 koppies bruismeel
• ’n knippie sout
• ½ koppie grondboontjiebotter

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 170 °C. Verroom die botter en suiker met ’n houtlepel saam tot lig van kleur. (Óf jy kan sommer uit die staanspoor ’n elektriese klitser inspan – dié resep het meer klitswerk as die ander.) Klits die eiers, melk en karamelgeursel by tot glad. Klits laaste die meel en sout by om ’n gladde beslag te vorm.

2 Smeer die beslag eweredig uit in ’n 23 cm x 23 cm-pannetjie wat met bakpapier uitgevoer is. Skep na willekeur klontjies grondboontjiebotter in die mengsel.

3. Bak vir sowat 20 minute of tot net-net gaar en laat die pannetjie dan staan om effens af te koel voordat jy die blokkies sny. Die blokkies is heerlik so louwarm uit die oond met ’n bietjie karamelsous (sien resep op bl. 165).

Sjokoladebakkies

Vir sowat 12 bakkies | Voorbereityd 10 minute plus verkoeltyd | Gaarmaaktyd 12-15 minute Oondtemperatuur 180 °C

Jy benodig

• 170 g sagte botter
• 1 koppie karamelsuiker
• 1 eier
• 3 ml vanieljegeursel
• 2 koppies koekmeel
• 1 teelepel bakpoeier
• 2 eetlepels vlapoeier
• 70 g sjokolade, fyngekap (of selfs gerasper)
• gesmelte sjokolade en roomys vir opdiening

Só maak jy

1 Verroom die botter en suiker saam tot lig van kleur (jy kan ’n houtlepel of ’n elektriese klitser gebruik). Meng die eier en vanieljegeursel by. Sif die meel, bakpoeier en vlapoeier by, voeg die sjokoladesplinters by en meng alles goed met jou hande tot ’n gladde deeg. Vorm die deeg in ’n plat skyf, vou dit styf toe in waspapier en laat rus ’n halfuur in die yskas.

2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Strooi ’n bietjie meel op ’n skoon werkoppervlak en rol die verkilde deeg daarop uit tot sowat 5 mm dik. Wikkel die uitgerolde deeglaag met ’n paletmes van die oppervlak af los om seker te maak dit kleef nêrens vas nie.

3 Spuit die agterkant van ’n muffinpan goed met kleefwerende sproei. Sny dan met ’n groot koekiedrukker sirkels deeg uit – groot genoeg om elke “boggel”van die omgekeerde muffinpan te bedek. (Ek het ’n koekiedrukker met ’n 12 cm-deursnit gebruik, maar jy kan ’n kleiner óf groter drukker gebruik solank die sirkels mooi oor die muffinboggels pas.)

4 Bak die koekies vir 12-15 minute of tot gaar. Laat dit dan eers effens afkoel voordat jy dit versigtig van die muffinpan aftel en op ’n draadrakkie uitpak om heeltemal af te koel en hard te word.

5 Verf die koekiebakkies se binnekant met gesmelte sjokolade (dit keer dat hulle te vinnig sag word) en skep ’n paar lepels van jou gunsteling-roomys daarin.

wenk

Dis noodsaaklik dat die sjokoladesplinters báie fyn is. Groot stukke sjokolade sal smelt wanneer die koekies gebak word en krake in die bakkies agterlaat.

Appel-en-ryspoeding met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Boeke En Musiek
Deur Rupert Watson, Struik NatureR300 in boekwinkels Die kremetart is ’n lewende monument in Afrika, ouer as elke plant en dier wat rondom dit voorkom. Dis ongelooflik veerkragtig en kan in die droogste, mees rotsagtige gebiede op die kontinent oorle
Weg11 min read
’n Gids Tot Die Hibiskuskus
Dis Februarie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en ek kom kyk wat gebeur alles tussen Port Shepstone en Port Edward. Hier is min verkeer, min mense langs die see en ek sukkel glad nie om parkeerplek te kry nie. Ek’s dankbaar (dis immers die stil seisoe
Weg9 min read
Dullstroom Bly Gul
Dis ’n helder Saterdagoggend in die laatsomer. Vanaf ’n tafel by die Baker Boys Coffee Café kyk ek uit oor die dorpsmeent. ’n Groepie mense is aan’ t draf, al óm die meent. En jy kan sommer sien dis nie naweekdrawwers nie – daarvoor is hulle gans te

Related