Tuis

Soete VERLEIDING

Kits-piesangbrood

Vir dié vinnige broodjie met net vier bestanddele sal jy aspris die piesangs in die vrugtebak laat lê tot hulle bruin is!

Maak 1 broodjie

Voorbereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Oondtemperatuur: 180°C

 300ml (sowat 4 fyngedrukte mediumgroot) ryp piesangs
 1 blik (385g) kondensmelk
 500ml bruismeel
 5ml bakpoeier
 1 ferm piesang as garnering (opsioneel)

1 Voorverhit die oond. Voer ’n broodpan met ’n inhoudsmaat van 1 liter met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.

2 Verwerk die piesangs met ’n staafmenger tot heeltemal glad. Voeg die kondensmelk by en meng weer. Sif die meel en bakpoeier by en vou dit by die piesangmengsel in tot net gemeng.

3 Giet die beslag in die voorbereide pan en smeer gelyk. Versier met skyfies piesang en bak vir sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. As dit lyk of die broodjie te bruin word na jou smaak, beskerm die bokant met foelie.

4 Laat die brood vir sowat 5 minute in die pan afkoel en keer dit dan versigtig uit op ’n draadrak. Laat heeltemal afkoel, trek die papier af en sit voor met lekker baie botter. Die broodjie maak ook heerlike roosterbrood.

Mikrogolf-fudge

G’n kondensmelkstorie is volledig sonder dié klassieke resep nie. Ons het sjokoladeballetjies bygemeng vir die oordaad, maar dis heeltemal opsioneel.

Maak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related