Stadiger vir sleep
Ek sal die eerste wees om te erken dat ek ‘n bietjie van ‘n spoedvraat was voordat ek ‘n #TannieMetnTrailer geword het. Die vrees dat iets verkeerd kan gaan, is wat my laat ag slaan het op die raad van diegene met meer sleepervaring wat glo dat die maksimum sleepspoed tussen 110 en 120km/h moet wees, aangesien dit jou beter beheer gee. Deesdae is ek heel tevrede om teen ‘n gemaklike 100 tot 110km/h te ry, die natuurskoon op pad te geniet en heerlik te kar-karaoke.