Kuier

DWELMS KNEL SKOLE

Die agteruitgang van dissipline in skole landwyd is niks nuuts nie, maar min mense besef wat werklik agter die probleem skuil of hoe groot die issue eintlik is.

Die meeste van ons is egter al so voos van al die slegte nuus oor swak skooldissipline waarmee ons gedurig gebombardeer word dat ons amper nie meer wil hoor nie. Die viral baklei-, rook-, drink- en boelie-video's raak net te veel…

Ons durf egter nie slaplê terwyl ons kinders besig is om chaos op skoolgronde en in klaskamers te saai nie, want dit kom voor asof die faktor wat baie van die gevalle gemeen het, dwelmmisbruik is. Volgens kenners kring die negatiewe hiervan uit en raak dit ons skole, onderwysers én gemeenskappe.

In Macassar in die Kaap vertel twee laerskoolseuns, albei 14, kinderlik opgewonde van hul daggarokery. Kuier het toestemming by die skool en die kinders se ouers gekry om met hulle te gesels. Albei is in graad 6. Hulle ontvang gewoonlik in hierdie einste kantoor waar die onderhoud plaasvind, berading vir dwelmmisbruik.

Hulle kies self dié skuilname vir die storie: King Von* en Rod Wave* hul gunsteling-rappers. Die kinders is minderjarig daarom mag Kuier nie hul regte name gebruik nie.

King Von se ma is glo op tik. Hy bly by sy pa en beweer sy pa rook buttons en dagga en "slaan my amper elke dag”. "Dis wanneer hy my so slaan wat ek ganja rook. Die ganja is 'n medicine. Dis 'n holy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related