Weg! Ry & Sleep

Drama in Kaokoveld!

Ek, my vrou, Terèsa, en ons kleindogter Tinneke (11) is al ’n paar weke in Namibië. Ons het oor Windhoek en Etosha tot by die Epupawaterval in die noorde gevorder, en van hier af wil ons ry na die afgesonderde Camp Syncro, teenaan die Kunenerivier, en die Marienfluss.

Ons het al voorheen (rondom 2005) oor Vanzylspas soontoe gery – in ’n Toyota Prado. Dié slag is ons egter in ons Iveco-4x4-ryhuis en sien nie kans vir die berugte pas nie, veral omdat ons op eie reis.

By die Epupa Falls-lodge-en-kampterrein gesels ek met die eienaar, Koos Verwey, oor die alternatiewe roete na Camp Syncro. Koos is ’n legende in daardie wêreld en ken die Kaokoveld soos die palm van sy hand. Hy is van mening dat ons Iveco maklik die D3703-pad tussen Okangwati na Otjitanda (die dorpie net duskant Vanzylspas) en daarvandaan die “ontsnaproete” sal kan baasraak. Dis ’n roete wat loop van Otjitanda suidwaarts na Otjihaa, waarvandaan jy wes draai na Onjuva (van hier af kan jy weer noord draai in die rigting van die Marienfluss).

Ons het egter nie besef hoe veeleisend die paaie is nie. Weens Covid het min voertuie die afgelope twee jaar hierlangs gery, en daarom is die werklike padtoestande onbekend. Vir ons is die roete soos ’n toegegroeide plaaspad waar jy soms 4x4 moet haak. Omdat dit boonop die afgelope seisoen goed gereën het, het die bosse en bome langs die roete plek-plek feitlik dwarsoor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Herinneringe Vir ’n Nuwe Geslag...
Ek het die rubriek wat Pieter Redelinghuys vir hierdie uitgawe geskryf het, verskriklik geniet. Hy is ’n man met ’n besonderse gawe om ’n sin aanmekaar te slaan, iets wat my oor die jare al meer as effens jaloers gemaak het. Maar in die nostalgiese r
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep4 min read
’n Spesiale Geskenk Vir Vrouedag
Die gedagte was dat die mans van die groep hegte Wes-Kaapse vriende weer ’n slag alleen reis, en dit het toevallig rondom Vrouedag geval. Dis toe dat die mans begin spot hulle afwesigheid – en natuurlik die gepaardgaande rus en vrede by die huis – sa

Related Books & Audiobooks