TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

WAAROOR GAAN DIT?

Twee mans, Cihangir en Kaan, wat by geboorte omgeruil is, werk 25 jaar later saam wanneer hul paaie kruis om die waarheid oor hul lewe op te diep en dié van hul werklike families en hul ban-de met die misdaadorganisasie Die Binnekring.

IN DIÉ UITGAWE

’n Geheimsinnige video word na Kaan se tronksel gestuur met besonderhede oor die moord op sy pa 25 jaar gelede. Wie het die beeldmateriaal gestuur en wat hulle van Kaan wil hê is ’n raaisel. Kaan stem in om saam met die polisie te werk, maar hy het voorwaardes, Ilhan kry ’n verrassingsbesoek van ’n oud-werknemer wat sy ooreenkoms met die Qatari-familie bedreig, en Cemal en Bahar se planne word in werking gestel wanneer Humeyra instem om aan te sluit ter wille van Kaan en haar oorlede man.

Cihangir kom tot ’n skokkende besef oor sy identiteit, en Cihangir en Kaan ontmoet vir die eerste keer en gaan op ’n sending wat hul verlede kan ontrafel. Bahar se wantroue in Cemal laat haar ’n bevel verontagsaam, Cemal en Bahar beweeg nader aan Kaan, en Ilhan werf die hulp van die enigste een wat Iskender kan keer. Cihangir en Kaan werk deur hul planne, Cihangir begin onthou wat in sy verlede gebeur het, en Kaan soek na die waarheid agter sy gevangehouding. Iskender dreig Ilhan, en Kaan en Cihangir se soektog na Emrah neem hulle op ’n nostalgietog wat Cihangir ’n donker geheim oor Kaan laat onthou. Die soektog na die kelner gaan voort, Cihangir het nóg ’n sessie met Halit noudat hy begin onthou, en Mujde probeer haar pa beïndruk. Dis ’n spanningsvolle kat-en-muisspeletjie om die kelner te vang wanneer The Tailor nader aan die kelner kom, en Irem raak desperaat om uit te vind wat met Cihangir aangaan.

H Weekdae eExtra (DStv *195) 02:40 O Sondae eExtra (DStv *195/Openview 105) 21:55

SPELERS (met stemakteurs waar beskikbaar): Adem Deniz Sen Hamzaoglu (Gideon Lombard) •Bahar Berkes Hazal Subasi (Joce Engelbrecht) •Cagatay Mehmet Yilmaz Ak (André Siebert) •Cemal Sandikci Ahmet Mümtaz Taylan (Deon Lotz) •Cengiz Erkmen Turhan Kaya (Royston Stoffels) •Chief/Atlan Demiroz Serhat Midyat (Rudy Visagie) •Cihangir Tepeli Serkan Çayoglu (Wilhelm van der Walt) •Gulay Tepeli Funda Ilhan (Guilma Stander) •Emrah Firinci Onur Gürçay •Halit Muzaffer Ugur Uzunel •Humeyra Karabulut Nazan Kesal (Susanne Beyers) •Ilhan Tepeli Burak Sergen (Pierre Viljoen-Neethling) •Irem Muzaffer Dilan Telkok (Mieke van Zyl) •Iskender Akay Umut Karadag •Kaan Karabulut Kaan Yildirim (Jumaine Hansen) •Mujde Akay Hande Erçel (Helena Baard) • The Tailor/ Terzi Erdal Yildiz (Marvin-Lee Beukes)

VERLEDE KEER

Dr. Ali het geheime vir dr. Nazli weggesteek, en dit het hom byna uitmekaar geskeur, en die dokters het ’n nuwe pasiënt, haar aanvaller en die persoon wat haar gered het behandel. Dinge het sleg gelyk vir dr. Ali soos sy hofsaak nadergekom het, Doruk het dr. Ali gehelp om sy man te staan, en Ismet was terug in die hospitaal.

IN DIÉ UITGAWE

Dr. Tanju moet ’n moeilike keuse maak, dr. Ali probeer sy bes om met dr. Nazli vrede te maak en aan te beweeg, en Beliz en dr. Ferman het ’n hewige argument. Drs. Doruk en Demir sit vas oor ’n pasiënt se behandeling, Ali kom tot ’n verpletterende besef, en Nazli en Ali sukkel om ’n nuwe begin te maak. Tanju besluit wie gaan die volgende chirurgie-hoofassistent wees, Beliz raak wraagsugtig teenoor dr. Ferman, en Tanju en Ferman stamp koppe.

Dr. Nazli is broos en Açelya gaan uit haar pad om Nazli te help, dr. Ferman het te veel hooi op sy vurk, en sy verhouding met Beliz gaan agteruit wanneer hulle die toekoms bespreek. Dr. Ferda kry aanmoediging wanneer sy nie haarself as die hoof van die departement kan sien nie, dr. Ali help Ferda, en die span is opgewonde oor ’n pasiënt se herstel. Nazli konfronteer Ali omdat hy nie meer hartseer is nie, Ferman raak ontsteld wanneer Tanju en Beliz hom weer oor die hoof sien, en daar is verwarring ná ’n gerug dat Ali ’n nuwe meisie het.

Dr. Ali

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 20:00
@GENERATIONSTHELEGACY1 @GEN_LEGACY @GENERATIONS_THE_LEGACY1 h Weekdae SABC1 (*191) 08:00 o Saterdae SABC1 11:00 Nontle het haar ma se raad aanvaar en was platgeslaan deur wat haar ma voorgestel het, Lucy het geweier om bevele van “die bedie
TV Plus Afrikaans2 min read
Sepieblokraai
Die letters in die pienk blokkies, wat jy in die regte volgorde moet rangskik, vorm die naam (6) van Hein Poole se karakter in Suidooster. Die oplossing verskyn in die volgende uitgawe. tvplus gee 2 Catrice-geskenkpakke van R500 elk weg! Die letters

Related