TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

Bahar het skokkende nuus gekry, Irem het ’n grens oorskry waaroor sy nie weer kon teruggaan nie, en almal was nuuskierig oor die vreemdeling in die snyerspak. Mujde het besluit om elders vir antwoorde te soek, en Ilhan het ’n nuwe opdrag van Die Sirkel gekry.

IN DIÉ UITGAWE

Dit lyk of dinge in Cagatay se guns verloop, terwyl Cihangir Irem ’n voorkeursaak maak, maar Kaan het steeds ’n bitter smaak in sy mond. Kaan en Cihangir probeer om hulle betyds reg te ruk, Cagatay is op ’n sending om beheer te kry, en Cihangir vra Mujde om hulp. Kaan wil daar wees vir Ilhan, en Irem en Cihangir sê totsiens. Bahar en Cagatay trek die net stywer om Die Sirkel, maar dit beteken nie een van hulle gaan die antwoorde kry waarna hulle soek nie. Irem ontdek skokkende nuwe inligting wat baie mense se lewe gaan verander, en Cagatay reël alles om Die Sirkel oor te neem. ’n Verrassing op die laaste nippertjie kan Cagatay se planne bederf, en daar is ’n dolle gejaag om Irem se moordenaar te kry. Cihangir sukkel met sy verlies en dit lyk asof niemand hom kan of wil troos nie. Cagatay eis antwoorde van Nadir oor sy pa, maar Kaan en Cihangir onderbreek sy planne. Cihangir kom ál nader om Irem se moordenaar te vind, maar sy woede kan dalk sy oordeel benewel, en Ilhan neem sake in eie hande. ’n Paar mense is woedend wanneer ’n tender van Die Sirkel toegeken word aan iemand met hegte bande met een van die base, en daar is agterdog wanneer The Tailor skielik in Bahar belangstel. Kaan gee Bahar en Cemal ’n geskenk om met hul saak te help, en Cihangir maak planne om sy pa ’n les te leer. Cihangir en Kaan stuur ’n dapper boodskap aan die lede van Die Sirkel, maar hulle het dié keer dalk te ver gegaan.

SPELERS (met stemakteurs waar beskikbaar): Adem Deniz Sen Hamzaoglu (Gideon Lombard) •Bahar Berkes Hazal Subasi (Joce Engelbrecht) •Cagatay Mehmet Yilmaz Ak (André Siebert) •Cemal Sandikci Ahmet Mümtaz Taylan (Deon Lotz) •Cengiz Erkmen Turhan Kaya (Royston Stoffels) •Chief/Atlan Demiroz Serhat Midyat (Rudy Visagie) •Cihangir Tepeli Serkan Çayoglu (Wilhelm van der Walt) •Emrah Firinci Onur Gürçay •Gulay Tepeli Funda Ilhan (Guilma Stander) •Halit Muzaffer Ugur Uzunel •Humeyra Karabulut Nazan Kesal (Susanne Beyers) •Ilhan Tepeli Burak Sergen (Pierre Viljoen-Neethling) •Irem Muzaffer Dilan Telkok (Mieke van Zyl) •Iskender Akay Umut Karadag •Kaan Karabulut Kaan Yildirim (Jumaine Hansen) •Mujde Akay Hande Erçel (Helena Baard) •Nadir Alptekin Ertürk • The Tailor/ Terzi Erdal Yildiz (Marvin-Lee Beukes)

VERLEDE KEER

Drs. Ferman en Ferda se spanne het ’n onverwagte oplossing gekry vir hul pasiënt se probleme, dr. Ali het besef Ezo het hulp nodig, dr. Demir het dr. Doruk goeie raad gegee, en dr. Nazli het uit haar hart iets moois vir ’n pasiënt gedoen.

IN DIÉ UITGAWE

Die assistente moet almal wys hulle is hul sout werd tydens ’n uitputtende pioniersoperasie, dr. Adil kom te staan voor ’n pasiënt wat ’n spieëlbeeld van sy eie lewe is, en almal is hartseer oor Günes wat weggaan. Dr. Nazli en die assistente besluit op ’n ultimatum, Ezo maak dr. Ali se lewe effens kleurvoller, en later maak Ali dr. Ferman se lewe moeilik wanneer Ali uitvind Nazli gaan die hoofassistent wees. Ezo doen iets dappers om Ali te help, en Ali en Ferman stamp koppe tydens ’n operasie. Nazli moet ’n moeilike besluit neem, Acelya is kwaad vir dr. Demir, en die assistente werk ’n skof van 36 uur in die noodafdeling. Nazli kry goeie nuus, en Ali word hard gestraf omdat hy tydens sy skof weggegaan het. Die polisie daag by die hospitaal op om Adil gevange te neem, Vuslat nader Beliz met ’n verleidelike aanbod, en groot veranderinge by die hospitaal kan die lewe vir ’n paar dokters moeilik maak.

Dr. Demir frustreer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans5 min read
‘Vreemde’ Vriende
Karavaan Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:30 Wie sal jy aan jou sy wil hê tydens jou laaste tyd op aarde? Die vrygeestige Renske (Elsabé Daneel) prop haar beste vriend Hennie (Kurt Egelhof), en nuwe vriende Gert (Albert Maritz), ’n oorlogsveteraan
TV Plus Afrikaans2 min read
Sepieblokraai
Die letters in die pienk blokkies, wat jy in die regte volgorde moet rangskik, vorm die naam (6) van Hein Poole se karakter in Suidooster. Die oplossing verskyn in die volgende uitgawe. tvplus gee 2 Catrice-geskenkpakke van R500 elk weg! Die letters
TV Plus Afrikaans2 min read
KykNET & Kie Ma.-Do. 20:00
@KYKNETKIE @KYKNETKIE @KYKNETKIE H Di.-Vry. kykNET & kie (*145) 15:30-16:30 O Saterdae kykNET & kie 14:00-18:00 Defne was woedend en wou Elif skiet, maar doen toe iets meer subtiels en vertel vir Kahraman tydens hulle egskeidingsprosedure s

Related