TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

Nazim het Emrah oorreed om met hom sake te doen, Saadet en Vartolu het ’n teer oomblik ervaar, en Sultan se lewe was in gevaar. Ayse wou van Cemil ontslae raak, en die Koçovali-familie was onseker oor die nuwe veiligheidsmaatskappy.

IN DIÉ UITGAWE

Vartolu sukkel om Saadet se huwelik te aanvaar, Yamaç neem wraak, en Sena is erg ontsteld. Em-rah manipuleer Yamaç om te glo Sena versin stories, Nedret vra Saadet om verskoning vir hoe sy haar behandel het, en die Koçovali’s is opgewonde wanneer die troudag aanbreek. Selim is versigtig om Vartolu en sy manne nie uit te tart nie, en Aliço ontdek ’n donker geheim.

Cemil probeer Ayse oorreed om saam met hom weg te loop, Saadet sien op teen haar troudag, en Vartolu probeer ’n laaste keer om met Idris te praat. Idris is woedend en blameer Selim vir Cemil se verdwyning by die troue, Ayse se hart is stukkend, en Sena voel geestelik broos en soek hulp by Deren. Selim besluit om by Nazim en Emrah aan te sluit, Yamaç probeer wanhopig die mense van armoede red, en Pasa, Emmi, Yamaç en Selim samel wapens in, maar die kaptein van die boot het iets anders vir hulle in gedagte. Sena verloor voeling met die werklikheid, Saadet ontdek iets wat haar lewe kan verander, en Ayse sukkel met die verlede. Yamaç is bekommerd oor Sena, en ’n ontsnapping uit die tronk loop skeef.

SPELERS (met stemakteurs waar beskikbaar): Acar Koçovali Dogan Can Sarikaya (Zion Green) •Akin Koçovali Burak Dakak •Aksin Ilayda Alisan (Veronique Jepthas) •Aliço Riza Kocaoglu (Noel Oostendorp) •Ayse Yilmaz Irem Altug (Izaan du Toit) •Baykal Burak Sergen (Albert Maritz) •Celasun Kubilay Aka (Craig Adriaanse) •Cemil Tolga Sala •Cumali Koçovali Necip Memili •Damla Hare Sürel •Dere Kahve Cirak Emre Furkan Bulut •Deren Beste Kanar •Ecevit Alp Demiray •Efsun Kent Kocovali Damla Sönmez •Elvis Saygin Soysal •Emmi Kadir Cermik (Ralston Oliphant) •Emrah Alperen Duymaz •Ferdi Halil Tekes Cermik •Ferhat Ahmet Senkaya •Feyyaz Erdag Yenel •Güzide Ebru Üstüntas •Hale Elif Dogan (Tinarie van Wyk-Loots) •Idris Koçovali Ercan Kesal (Elton Landrew) •Karaca Koçovali Ece Yasar (Liezel Swartz) •Kahraman Koçovali Mustafa Üstündag •Keci Metehan Özcan •Kemal Ugur Yildiran (Hein de Vries) •Mahmut Mahmut Kotan •Medet Mustafa Kirantepe (Emile Smith) •Meke Aytac Usun (Dean Balie) •Metin Cem Uslu (Dean van der Ventel) •Muhittin Nebil Sayin (Pierre Nelson) •Münir Erçin Sicakkan •Nazim Ahmet Tansu Tasanlar (Jacques Bessenger) •Nedret Koçovali Zeynep Kumral (Margit Meyer-Rödenbeck) •Nehir Bursali Hazal Subasi •Pasa Çetin Sarikartal (Richard September) •Saadet Koçovali Bonuk Yilmaz (Bianca Flanders) •Salim Volkan Kiran •Selim Koçovali Öner Erkan (Ivan Zimmerman) •Sena Koçovali Dilan Çiçek Deniz (Greta Pietersen) •Serdar Ahmet Bagdatliner •Sultan Koçovali Perihan Savas (Susanne Beyers) •Vartolu Sadettin/Salih Koçovali Erkan Kolçak Köstendil (Eldon van der Merwe) •Yamaç Koçovali Aras Bulut Iynemli (Martin Venter) •Yasmin Koçovali Gamze Doganoglu •Yildiz Göksen Ates

VERLEDE KEER

Dr. Ali het sy hart vertrou, maar dit het hom op ’n dwaalspoor gelei, dr. Demir het Acelya skokkende nuus vertel, en Beliz is met ’n moeilike besluit gekonfronteer. Günes beplan ’n verrassing vir Gülin, en Demir was in die sop by dr. Tanju.

IN DIÉ UITGAWE

Ali red dr. Adil van Tanju se plan en herenig hom met Ferda, Beliz het ’n verrassing vir Ali, en dit lyk asof dr. Ferman in die sewende hemel is. Die adrenalien pomp wanneer Ferman die personeel in twee mededingende spanne verdeel, Beliz sukkel om by die baba aan te pas, en Ferda en Ferman se spanne is kop-aan-kop om Tanju se kompetisie te wen. Beliz vind dit moeilik om haar persoonlike en werklewe in balans te kry, Ali besluit om ’n partytjie te hou, maar van die dokters gaan uit hul pad om die aand te bederf, en Ferda konfronteer Adil en hy begin uiteindelik vordering maak. Sommige assistente presteer goed en ander maak foute in die wedloop om die hoofassistent by die hospitaal te word.

Ferda het ’n slegte uitwerking op verhoudinge wanneer sy beheer neem van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
E.tv Weekdae17:30
@OPENVIEWHD @EEXTRATV @ETVONLINE O Sondae eExtra (*195/Openview 105) 15:20 Ender en Sahika het hul plan met Zehra en Hasan Ali uitgevoer, maar nie Zehra of Hasan Ali het gelyk asof dit hulle pla nie, Cagatay het sy vrou geïgnoreer, en Yild
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 20:00
@GENERATIONSTHELEGACY1 @GEN_LEGACY @GENERATIONS_THE_LEGACY1 h Weekdae SABC1 (*191) 08:00 o Saterdae SABC1 11:00 Nontle het haar ma se raad aanvaar en was platgeslaan deur wat haar ma voorgestel het, Lucy het geweier om bevele van “die bedie
TV Plus Afrikaans2 min read
Sepieblokraai
Die letters in die pienk blokkies, wat jy in die regte volgorde moet rangskik, vorm die naam (6) van Hein Poole se karakter in Suidooster. Die oplossing verskyn in die volgende uitgawe. tvplus gee 2 Catrice-geskenkpakke van R500 elk weg! Die letters