Huisgenoot

OM MENSE WEER HEEL TE MAAK

MET die eerste oogopslag lyk Allison Vest se kantoor soos ’n makabere gruwelwinkel. ’n Verskeidenheid los vingers en ’n stel voorarms rus op een toonbank. Jy sien ook ’n verskeidenheid neuse, oë en ore, versprei tussen verskeie gereedskap, verfkwaste, gipsvorms en anatomiese tekeninge. En ’n verskeidenheid tepels lê op ’n chirurgiese skinkbord.

“Wanneer jy by my kantoor instap, gaan jy waarskynlik voel asof jy in ’n mal wetenskaplike se laboratorium is,” sê Allison. Maar vir die 60 tot 80 pasiënte wat jaarliks by Mosaic Prosthetics, haar kliniek in McKinney, Texas, aanklop, is dit wat sy bied niks minder as wonderbaarlik nie.

Allison is een van net 44 mense ter wêreld wat anaplastologie haar loopbaan kan noem. Oor die afgelope 17 jaar het sy hiperrealistiese silikoonprosteses vir mense met ontbrekende liggaamsdele geskep. Sy gebruik haar talente as skilder en beeldhouer tesame met opleiding in anatomie en ander wetenskappe.

Geen taak is te groot of klein nie – van ingewikkelde ledemate tot ’n eenvoudige wenkbrou – Allison (42) het deur die jare honderde mense gehelp by wie liggaamsdele ontbreek as gevolg van aangebore toestande, kanker, trauma of infeksie.

En nou is sy die onderwerp, op die kanaal TLC (DStv-kanaal 135).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related