Weg!

Speelplekke van die eerste water!

TOUWS-, DUIWE- EN HOMTINIRIVIER

STAP EN SWEM

Die Tuinroete het báie dagstaproetes, maar nie almal bied ’n klankbaan van bruisende water en paddatjies nie. Hierdie drie by Wildernis is tops en loop stroomlangs.

Blouvisvanger

Dié bekende wandelpad volg die Touwsrivier, is ongeveer 7 km lank (heen en terug) en sien – veral oor naweke – baie voetverkeer. Dis een van Sanparke se skouponies, met plankiespaaie en netjiese houttrappies, heelpad koelte en twee watervalle met gróót swemgate aan die eindpunt.

Vroegoggend styg ’n mistigheid uit die rivier op wat die bos geheimsinnig stem. Die groene lyk groener, die skaduwees dieper en die bosbokkies asof hulle per radio ontbied is om presies wanneer jy by hulle verbykom, skielik uit die ruigtes te tree en jou met groot, vriendelike oë te verwelkom.

Inligtingsbordjies aan die westekant van die Touwsrivier vertel jou van die omgewing se boomspesies. Byvoorbeeld: Die outeniquageelhout (ook bekend as ’n kalander) is die hoogste boomsoort in die kontrei, en jy kan hom uitken aan sy sekelvormige blaartjies en donkergrys bas wat by ouer bome in lang krulle afskil.

Oorkant die water tref ’n mens weer ’n paar met foto’s en feite van voëlsoorte aan. Ooo, ja! Daardie swerm groengeel voëltjies wat ons vroeër gesien het, is Kaapse glasogies! Maar voor jy hierby uitkom, moet jy eers die Touws met ’n klein pont oorsteek. Dis groot sports! Sowat vier stappers kan op ’n slag op die platform pas, en jy trek jouself aan toue oor die stroom.

Wanneer ’n mens die watervalle bereik, is jy bly dat jy jou swemgoed en padkos saamgebring het,  want hier wil jy lánk vertoef. Die boonste waterval se swempoel is mak maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related