DIE NEFIES WAT BROERS IS
Mar 18, 2022
3 minutes
Saamgestel deur COLIN HENDRICKS
VINKEL en koljander, die een is soos die ander, lui die spreekwoord – des te meer as jy na Amerika se uitgebreide Salyers-familie verwys.
Want dis kompleet asof dié vrolike klompie gekloon is. En dis meer as net hul uiterlike eendersheid wat hulle uniek maak.
Dink daaraan as ’n soort DNS-raaispeletjie: Wat kry jy as twee identiese tweelinge met mekaar trou en elke egpaar dan ’n baba het? ’n “Kwaternêre tweeling”, oftewel twee nefies wat geneties soos broers is.
Laat dit jou kopkrap? Kom ons ontrafel dié geboorteraaisel.
Dit was groot nuus toe
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days