Weg! Platteland

Soet of stout

Vispakkies

’n Geskenk vir aandete! Die dubbellaag bakpapier werk soos ’n oondjie – maak dus seker jy draai die pakkie mooi styf toe. Wees ook versigtig wanneer jy dit oopmaak – die stoom kan jou gesig brand!

Genoeg vir 4

Bereidingstyd 20 minute

Gaarmaaktyd 10-15 minute

JY BENODIG

600 g visfilette van omtrent 80 g elk (ons het forel gebruik)
¼ koppie (60 ml) gekapte vars platblaarpietersielie en koljanderblare – gebruik ’n mengsel van die twee
1 eetlepel (15 ml) suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
2 knoffelhuisies, grofgekap
2 eetlepels (30 ml) fyngekapte vars gemmer
200 g tagliatelle, gekook tot al dente en bedruip met olyfolie
3 rooi soetrissies, pitte en vliese verwyder en in dun skywe gesny
olyfolie

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 200 ºC. Sny 8 stukke bakpapier van 40 x 30 cm elk. Plaas twee stukke papier bo-op mekaar (die pakkie moet stewig wees en nie skeur as dit uit die oond kom nie). Geur die visfilette met sout en gemaalde swartpeper. Meng die vars kruie, suurlemoensap en -skil, knoffel en gemmer en geur dit ook liggies met sout en peper.

Verdeel die pasta in vier ewe groot bondeltjies en pak een op elke dubbellaag bakpapier – nie heeltemal in die middel nie. Plaas twee stukkies vis per pakkie (omtrent 150 g per persoon) bo-op die pasta en skep

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland5 min read
Dinofeng Se Bont Broeikas
Onthou jy nog die mixed grill, alomteenwoordige kroonstuk op plattelandse spyskaarte in die jare sewentig en tagtig? Dis waarvoor jy skielik lus kry as jy een Vrydagmôre die nuwe Makers Village op Cullinan binnestap met ’n honger kol op die maag. In

Related