Weg!

Min moeite!

Eenpotgenot!

Varkworsie-roerbraairys

Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

• 500 g varkworsies
• 2 eetlepels olie
• 250 g sampioene, gekap
• 2 cm stuk gemmer, geskil en gerasper
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 rooi brandrissies, gekap (of meer na smaak)
• 3 sprietuie, gekap
• 1 pakkie (350 g) gesnipperde kool-en-wortelslaai
• 4 eiers
• 3 koppies gaar rys, koud
• vars koljander na smaak
• sojasous vir voorsit
• 4 gebakte eiers, opsioneel

Só maak jy

1 Verwyder die worsies se derm en rol dit in happiegroot frikkadelle. Verhit die olie in ’n groot braaipan of wok en braai die frikkadelletjies tot mooi goudbruin. Roer die sampioene by en braai tot sag.

2 Voeg die gemmer, knoffel, brandrissie en sprietuie by en braai tot geurig. Dan die koolslaai. Roerbraai tot die kool sag is.

3 Stoot nou die spulletjie na die kant van die pan. Klits die 4 eiers en voeg by die skoon kant van die pan. Maak roereier.

4 Sodra die eier so te sê gaar is, kan jy die rys by die pan skep en alles meng, en verhit tot deurwarm. Strooi die koljander oor en geur na smaak met sojasous. Sit voor met ’n ekstra gebakte eier bo-op elke porsie vir die wat báie honger is!

Chakalaka-hoendernacho’s

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 15 minute | Oondtemperatuur Rooster

Jy benodig

• 3 dik hoenderborsies, in happiegroot blokkies gesny
• 1 eetlepel olyfolie
• 1 blik (400 g) matige chakalaka
• 1 blik (400 g) rooi nierbone, gedreineer
• ’n hand vol vars spinasie, gekap
• ¼ koppie vars koljander, gekap
• 250 g nacho-skyfies
• 1 koppie mozzarella, gerasper
• 1 klein rooi-ui, gekap
• 1 groot, ryp avokadopeer, in blokkies gesny

Só maak jy

1 Geur die hoender goed met sout en peper en braai in die olie tot goudbruin in ’n oondvaste pan. Roer die chakalaka, bone en spinasie by en verhit tot deurwarm. Roer die koljander by en verwyder van hitte.

2 Voorverhit die oond se roosterelement. Rangskik die nacho’s in konsentriese sirkels in die geurige hoendervulsel (of rangskik in lagies in ’n oondbak as jy verkies) en strooi die kaas en uie oor. Rooster totdat die kaas gesmelt en die nacho’s ’n kleurtjie kry. Sit dadelik voor met vars avokado. ’n Bakkie suurroom sal natuurlik ook welkom wees by dié partytjie.

Baksakkiehoender

Vir 8 | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 1 uur | Oondtemperatuur 190 °C

Jy benodig

• 2 eetlepels Cajun-speserye
• 2 eetlepels meel
• 8 hoenderstukke (boudjies en dytjies)
• 2 eetlepels olyfolie
• 300 g baba-aartappels, gehalveer
• 6 wortels, geskil en elk in 4 cm stukke gesny
• 8 piekeluitjies, geskil en gehalveer
• 1 groot suurlemoen, in skyfies gesny
• 5 takkies tiemie
• ¼ koppie witwyn

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Meng die speserye en die meel saam. Meng nou die hoender eers met die olie en dan met die spesery-enmeelmengsel. Dit help dat die geurmengsel beter vasklou. Lees of jou speserymengsel reeds sout bevat. Indien nie, sprinkel sout en peper na smaak oor.

2 Meng die res van die bestanddele saam en skep in een ekstra-groot of twee middelslag-baksakkies in ’n diep oondbak. Rangskik die hoenderstukke bo-op en seël die sakkies. Knip ’n paar stoomgaatjies in elke sakkie. Bak vir sowat 1 uur of tot die hoender goudbruin en al die groente sag is. Laat die sakkie vir sowat 10 minute rus voordat jy dit oopknip. Pasop vir die stoom.

Pizzarolletjies

Vir 14 rolletjies | Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 30 minute | Oondtemperatuur 200 °C

Jy benodig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related