Huisgenoot

TURKS OP JOU TAFEL

SAKPAS BAKLAVA-ROLLETJIES

LEWER 16 ROLLETJIES

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 35-40 MIN.

BAKLAVAS

• 50 g amandels
• 125 ml (½ k) sonneblomsaad
• 60 ml (¼ k) sesamsaad
• 30 ml (2 e) bruinsuiker
• ’n knippie sout
• 250 g filodeeg
• 125 ml (½ k) botter, gesmelt

STROOP

• sap en fyngerasperde skil van 1 lemoen
• 60 ml (¼ k) suurlemoensap
• 125 ml (½ k) suiker

AFRONDING

• fyngerasperde skil van 1 lemoen
• versiersuiker, vir oorsif

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n diep 20 cm-koekpan goed met kossproei en voer die bodem met bakpapier uit.

1 Baklavas Rooster die amandels en sonneblomsaad in ’n droë pan tot ligbruin. Skep uit en hou eenkant. Rooster die sesamsaad in dieselfde pan tot die saadjies begin verkleur en voeg by die amandelmengsel. Laat eenkant staan om heeltemal af te koel.

2 Plaas die amandelmengsel in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot grofgemaal. Skep uit in ’n mengbakkie en voeg die suiker en sout by. Meng goed.

3 Verf ’n vel filodeeg met die botter. Plak nog ’n vel filodeeg bo-op en verf weer met die botter.

Sprinkel ’n kwart van die strooisel oor en sit nog ’n vel filodeeg bo-op. Plak weer ’n vel filo bo-op en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related