Weg! Platteland

Die Kuns van lekker leef

Jy het waarskynlik al op pad na die Krugerwildtuin toe deur Witrivier gery – die Numbihek is maar 30 km ver. Tog verdien dié dorp in Mpumalanga meer as net ’n vinnige inloer. ’n Hele kaboedel kreatiewe siele noem dit hulle tuiste.

Macadamia-, avokado- en sitrusplase lê lepel met kliprantjies en word toegevou in plantegroei. Omdat hier soveel veld, woude, damme en grondpaadjies is – en natuurlik die lieflikste klimaat – word die locals as ’n sportiewe spulletjie beskou. Witrivier lê hoër as die nabygeleë Mbombela (die ou Nelspruit) en dit is ook gemiddeld 4ºC koeler hier.

Die winters is koel genoeg vir ’n bottel rooiwyn langs die kaggelvuur. In die lente spoeg die koraalbome letterlik vuur en die lug voel vars. Maar dít is van korte duur, want kort op die hakke van die lente wag die snikhete somer. Die herfs word weer gekenmerk deur eksotiese bome wat flankeer in amberen appelkooskleur gewade. “ ’n Mens voel ’n soort melancholie in die lug,” sê die keramiekkunstenaar Esra Bosch.

Sy en en haar suster, Andre, ’n skrywer, woon op Die Randjie, ’n kleinhoewe 5 km buite die dorp, in ’n huis wat hul oorlede pa, die meesterpottebakker en keramiekkunstenaar Esias Bosch – bekend as die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related