Weg! Platteland

’n Boer maak ’n plan Die stille groei van plaastoerisme

Êrens in die meeste van ons se geheue is daar ’n plek waar die lewe se ritmes stadiger klop – ’n plek waar jy soggens opstaan sodra die son sy gesig wys en sawens vroeg loop lê vir ’n nagrus soos g’n ander.

Die plaaskuiers van my kinderjare kan ek glashelder voor my geestesoog oproep. Ek ruik nou nog die misvure van ons Vrystaatse familieplaas op knypkoue, rypwit wintersoggende, hoor die beeste en skape en hoenders, en voel hoe die stoom van die beker koffie waarom my hande geklem is, my bevrore neuspunt laat ontdooi.

As mense moeg raak vir die lewe in die stad en wegbreek vir ’n gesonde dosis platteland, is hulle geneig om die pad te vat na ’n dorpie. En hoewel dorptoerisme gewild is en altyd gewild sal bly, is daar ’n eenvoudiger, sielsverrykende alternatief wat deesdae al hoe meer op die voorgrond begin tree: plaastoerisme, in Engels bekend as agritourism.

Dit is doodeenvoudig pure plaas!

Toerismeboere

Die landbou, weet ons almal, is nié vir sissies nie: Boere is nie net afhanklik van wind en weer en reën nie, maar moet ook baie ander uitdagings uniek aan Suid-Afrika te bowe kom. Daarom begin al hoe meer boere kyk na die moontlikheid om nuwe are van inkomste te ontgin. In die proses deel hulle met besoekers daardie plaasbestaan waarna so baie mense smag.

Jacqui Taylor, stigter en besturende direkteur van Agritourism Africa, is ons plaastoerisme se mees passievolle profeet. Jacqui het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland5 min read
Dinofeng Se Bont Broeikas
Onthou jy nog die mixed grill, alomteenwoordige kroonstuk op plattelandse spyskaarte in die jare sewentig en tagtig? Dis waarvoor jy skielik lus kry as jy een Vrydagmôre die nuwe Makers Village op Cullinan binnestap met ’n honger kol op die maag. In

Related