Weg! Platteland

Wys my jou wors! (en ek sê jou wie jy is)

Die wêreld van wors is waarskynlik groter as die wêreld self. Noem maar ’n wors en jy vertrek onmiddellik op ’n verbeeldingsvlug na ’n ander land. (Vir die afsienbare toekoms is dit al vlugte wat beskikbaar is. – Reds.) Bangers verplaas jou dadelik na ’n pub iewers op die Britse platteland; bratwurst en knackwurst vat jou na ’n sneeubedekte Duitsland; chorizo kan jou óf Spanje toe laat koers kies óf na die ander kant van die wêreld na Mexiko; daar’s nog salami en ’n rits ander soorte uit Italië en meer as een soort uit elke Europese land. Frankryk het saucisson en andouillette; Hongarye kolbász; die Pole eet swojska, szynkowa en krakowska (en nog ’n rits onuitspreekbare en onspelbare name); Oostenryk die weense worsie; Finland maak makkara; Griekeland is bekend vir loukániko; Serwië produseer sremska en sud�uk.

Die Amerikaners maak wors op hulle manier en die Australiërs en Argentyne volgens die tradisie daar. In die Ooste tel die Chinese lap cheon onder die oudste wors, en die Japannese maak selfs ’n weergawe met vis as basis wat hulle kamaboko noem.

Wors kan dun of dik en enigiets tussenin wees, met ’n growwe of fyn tekstuur. Verskillende kulture eet dit verskillend: rou, gedroog, gerook, gekook, gekuur, gebraai (in die pan en, natuurlik, oor die kole), gefermenteer… Vleis wat gebruik word vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland7 min read
Die Katte Gaan ‘Dorp Toe’!
Die storie van Nebukatneser is nie sommer enige katstorie nie. Dit is die verhaal van ’n waarlik wilde diertjie se verwoede veggees en haar aanvaarding van ’n lewe saam met mense, en dan die merkwaardige geduld en vindingrykheid van haar aanneemma, M
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland1 min read
Hoe Lyk Dit Met ’n Kaart?
Baie dankie vir julle tydskrif wat so propvol inligting is. Ek is regtig gaande daaroor. Ek het voorheen in Limpopo gewoon en hou daarvan om na interessante plekke toe te reis. Ek sal baie daarvan hou as julle ’n kaart van Suid-Afrika aan die binneka

Related