Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Brumilde & Mariette Joubert

Joubert & Seuns-padstal

“My skoonpa het in 1966 hier grond gekoop,” vertel Mariette Joubert. Haar dogter, Brumilde, kom sit langs haar in die Joubert & Seuns-padstal teen die N4. “Dit was ongerep hier, en die pad nog smal.”

Joubert & Seuns is ’n bekende sitrusprodusent in die Laeveld, maar hulle vervaardig ook meubels en doen uitgrawingswerk vir landbou- en ander doeleindes. “My skoonpa het alles gedoen. Hier was selfs ’n slaghuis op die plaas – die Belladonna-slaghuis in Nelspruit gebruik tot vandag toe sy worsresep.”

Mariette se skoonma het vier padstalle in die Kloof bestuur en aanvanklik is vrugte aangeplant vir dié stalletjies. “My skoonma het vrugterolle gemaak en die kinders moes staan en vlieë wegwaai. Op Kersdag is daar waatlemoene geoes terwyl ander families aansit vir Kersete.”

Hoewel daar steeds ’n gemeenskapsgevoel in die Kloof heers, sê Mariette dit is nie meer soos in die ou dae nie. “Daar was ’n plaasskool hier op die Sterkspruitpad. My skoonpa het die atletiekspan hier voor die winkel afgerig en oor naweke het hy vir mense rolprente gewys. Vandag is elke ou maar besig met sy eie dinge. My sosiale tyd bring ek meestal saam met my familie en kinders deur.”

Dit is nie maklik om in hierdie kontrei te boer nie. Die gebied is eintlik nie geskik vir sitrus nie, want daar is vier verskillende klimaatstreke in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘

Related