Landbouweekblad

Briewe

ERNSTIG OOR STANDAARDE

Geagte mnr. Chris Burgess,

Ek is ’n ywerige leser van Landbouweekblad en dit is vir my en my werknemers eintlik soos ’n tweede Bybel, veral waar dit gaan oor veldbewaring en kuddebestuur. Ek het u redakteursbrief (“Uiteindelik!”) in die uitgawe van 17 Februarie baie interessant gevind, soos ál u skrywes. U stelling dat mnr. Eddie Prinsloo se werkers die eerste swart boere was wat vir die Responsible Wool Standard (RWS) geakkrediteer is, is egter nie korrek nie.

Ek en twee medeboere, mnr. Harold Bezuidenhout en Jan Bergh, boer al sedert 1 November 2017 op vyf plase (altesaam 20 000 ha) wat aan die staat behoort op die plato van Beaufort-Wes. Ons is afstammelinge van die Khoi en die San, en ons voorsate het geslagte lank op hierdie grond en omliggende plase vir wit families gewerk. Ons het dus skaapboerdery as ’t ware saam met moedersmelk ingekry!

Hoewel ons al meer as tien jaar lank op die grond bedrywig is, ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related