Huisgenoot

Herinnerings-vlug die toekoms in

ANIKA staar strak voor haar uit voor sy die dubbelwhisky met twee slukke wegslaan. Sy probeer haar pose hou, maar die alkohol slaan haar asem weg. Sy kyk na die kelner en wys vir hom dat sy nog ’n drankie soek.

Haar oog vang ’n statige gryskopvrou wat haar neus omhoog en kopskuddend aanstaar, voor sy weer haar aandag tot haar koppie tee rig. “Hier is al ses vliegtuie oor,” kap Anika sarkasties terug, maar voel dadelik verleë oor haar aanmerking. Sy is nie ’n fyngevoelige mens nie, maar die pou oordeel haar heel waarskynlik net omdat dit tienuur in die oggend is en sy sopas ’n dubbelwhisky agter die blad het.

Sy krap koponderstebo in haar handsak rond, maar vind nie waarna sy soek nie. Die kelner sit nog ’n dubbelwhisky voor haar neer net toe sy ’n houertjie uit haar sak pluk. “Eureka!” roep sy uit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related