Die skaduwees rank in lang swart strepe oor die landskap terwyl die son sak en die donkertes kruip by elke skeur en kloof in. En rondom jou kry die rotse skielik lewe. Die een lyk soos ’n reuseskedel, daardie een soos ’n skip wat oor die sand vaar...
Ek sit om ’n vuurtjie saam met my vrou, Jess, twee seuns, Elliot en Francis, en ons gids, Robyn Keyes. Daar’s g’n