Kuier

STUKKEND NÁ SKIETERY

Die meeste mense se grootste vrees is om ’n geliefde (voor hul tyd) te verloor, maar probeer jouself indink hoe dit moet voel om die liefde van jou lewe in ’n skietvoorval te verloor wat reg voor jou afspeel. Maar dis nie al nie – dan word jou twee kinders in dieselfde voorval raakgeskiet en nou is jou jongste aan ’n rolstoel vasgekluister sonder enige mediese hoop dat sy ooit weer sal kan loop …

Hierdie klink dalk soos iets uit ’n draaiboek vir ’n fliek, maar vir Shakeera Ganief Kube (32) van Uitsig in die Kaap is dit die ware nagmerrie waaraan sy herinner word elke keer wanneer sy na haar vyfjarige dogter kyk wat nou weer soos ’n baba is. En wat die seerste maak, is die wete dat sy nooit weer haar man sal kan vashou nie en dat sy plek langs haar vir altyd dolleeg is.

Shakeera moet nou die lewe vrou-alleen aanpak – met ’n gat in haar hart, haar twee kinders wat sonder ’n pa grootword en haar jongste wat nooit ’n normale lewe sal lei nie. Maar bowenal voer sy in ’n emosionele stryd om nie toe te laat dat haat teenoor die een wat die sneller getrek het, haar hart oorneem nie.

Shakeera se hele lewe is omvergewerp toe sy in April verlede jaar hulpeloos moes toekyk hoe iemand in ’n sinnelose daad van wreedheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related