Kuier

HELING NÁ HARDE HOUE

Toe sy maar sewe jaar oud was, het sy een van haar ma se mans wat besig was om haar aan te rand, van die ouer vrou afgestoei. Mishandeling was deel van wie sy was – dit was waaraan sy gewoond was. En toe Ayla Losper (27) van Ottery in die Kaap jare later self ’n slagoffer word, het sy vir ’n lank tyd gedink sy verdien dit.

Maar op ’n dag, nadat die liefde van haar lewe Ayla amper doodgeslaan het, het sy besef haar dogters verdien beter en besluit sy wat Ayla is, gaan die een wees om die kringloop van geweld te verbreek.

“Ek en my eksman het ontmoet toe ons lewensredders was. Ek was ’n WP-swemmer en hy was ’n strandlewensredder, so ons het baie in gemeen gehad en dieselfde tipe goed geniet. Ons persoonlikhede was baie dieselfde en ons het netso goed geblend,”onthou Ayla. Haar eksman was ’n senior lewensredder en sy het onder hom gewerk.“Ons was op dieselfde crazy journey van die lewe ontdek en geniet.”

Tog, as sy nou terugkyk, besef Ayla die tekens van sy donker kant was eintlik van die begin af daar – selfs toe hulle nog net vriende was.“’n Mens merk nie altyd die waarskuwingstekens op nie, veral nie as jy verlief is nie. Ons het baie keer speel-speel baklei en ek het toe al opgemerk hy gee nie om om ’n vrou te slaan nie – al was dit net vir die grap.”Hul argumente het ook stelselmatig meer fisies begin raak, mekaar gestamp en stoot en haar eerste groot skok was die dag toe hy haar met ’n baksteen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
‘N Brief Aan My Kinders
RAAK WYS MET… Brenden Boys, ek skryf dié brief aan julle omdat dít wat ek wil sê belangrik is, en ek dit vir ewig wil opteken. Hierdie jaar is ons land 30 jaar onder ‘n sogenaamde demokratiese bestel. Met die eerste demokratiese verkiesing was ek sle
Kuier5 min read
Energie Van alle Kante!
Energie is die vermoë om werk te verrig. Dit kan ook beskou word as die krag wat beweging of handeling teweegbring. Ons sien die uitwerking van energie oral. Plante gebruik son-energie om te groei. Karre gebruik petrol (chemiese energie) om van die e
Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Kelly-Lee Ohlson, Enrico Claassen, Clyde Adams-Vister, Haidee Muller-Isaacs

Related