Kan jy nog onthou hoe lyk ’n trapesium? Dis basies ’n driehoek gekruis met ’n reghoek: Twee skuins sye en twee parallelle sye. Dís hoe die Oudebosch-Harold Porter-roete se hoogteprofiel min of meer lyk. Reeds met die intrapslag in die Kogelberg-natuurreservaat lê daai skuinste netjies voor jou. Maar moenie dat dit jou ontmoedig nie, want rondom jou is die fynbos vrolik!
Die roete swenk links van die tweespoorpad af wat agter Kaapse Natuurbewaring se ontvangskantoor verbyloop. Dit kronkel verby die ekohuisies tot teen die flank van die berg. Sommer hier