Weg!

Alle oë op die watergate

JOHAN KLOPPERS, VISHOEK

Toerusting Canon EOS 7D, Canon 100-400 mm-lens

Kameraverstellings 1/1 000 sek.; f7.1; ISO 200

Datum en tyd 8 Maart 2011, 4.32 nm.

SAMEVLOEIING

Hierdie watergat is ’n goeie plek om laatmiddag vir diere te wag. Jy kan wag tot vyf minute voordat die kamphek toemaak voordat jy terugry, want dis na aan Twee Rivieren. Die parkeerplek is op ’n hoogtetjie van waar jy ’n mooi uitsig het, én die son skyn van agter jou op die watergat. Ek het my foto uit hierdie posisie geneem.

Vroegoggend moet jy egter aan die ander kant van die watergat parkeer, want dan is die lig beter van daardie kant af.

Ek het gehou van hierdie volstruis wat met sy kleintjies aangestap kom water toe. Die blouwildebees en springbok in die agtergrond gee balans aan die komposisie. Die natuurlike “venster”wat gevorm word deur die plantegroei links en regs in die raam sorg ook dat jou aandag deurgaans op die volstruise rus.

Elke foto is ’n interpretasie van ’n toneel, en ’n mens leer beter “sien” as fotograaf namate jy meer ervare word.

Het jy geweet? Sestien van die boorgate wat water aan watergate in die Auobrivier verskaf, is tussen 1913 en 1914 deur Mias van Heerden geboor onder opdrag van die Suid-Afrikaanse regering. Dié boorgate moes water voorsien aan mens en dier indien SA troepe die destydse Duits Suidwes-Afrika met hierdie roete moes binneval tydens die Eerste Wêreldoorlog.

Samevloeiing word gevoed deur drie boorgate; een wat in 1948 geboor is, en die ander twee in die 1980's.

AYESHA CANTOR, GQEBERHA

IG @africathisiswhyilivehere

Toerusting Canon EOS 7D Mk. II, Canon 100-400 mm-lens

Kameraverstellings 1/1 000 sek.; f5.6; ISO 100

Datum en tyd 18 Maart 2020, 3.53 nm.

GEMSBOKPLEIN

Die gemsbok wou nie oorkant die berghaan suip nie en dit het gelyk asof hy omstap om die roofvoël te verjaag. Ek het gehoop om ’n bietjie aksie vas te vang, maar die gemsbok was nie haastig nie en die berghaan het traag weggevlieg.

Ek hou baie van dié foto met die voël in die lug. Ek probeer altyd ’n oomblik afneem wat ’n storie vertel. Ek het ’n rukkie gelede afgeskaal en gebruik nou net een kamera en een lens – ek kan nou die foto neem sonder om te wik en weeg oor watter kamera of lens die beste sal werk. Ek stres baie minder!

Dit dwing my ook om meer kreatief te wees.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related