Weg!

MENSE SE LENSE

ANDRIES JANSE VAN RENSBURG

Canon EOS 5D Mk. III

Canon 300 mm-lens met ’n 2x-omsetter

ANDRIES VERTEL: Ons woon tans in Durbanville in die Wes-Kaap, maar het ’n paar jaar gelede op Newcastle in die noorde van KwaZulu-Natal gebly. In daardie tyd het ek een middag uitgery na die Chelmsfordnatuurreservaat net buite Newcastle.

Daar kom ek toe af op ’n silwervos met vier kleintjies! Die son was besig om te sak en ek kon dié twee afneem wat lekker speel.

TOAST SÊ: Die onvoorspelbaarheid van die natuur sorg dat daar altyd ’n verrassing op jou wag – iewers, een of ander tyd. Jy kan hoeveel keer deur ’n reservaat soos Chelmsford ry en dalk nooit eens ’n silwervos (ook bekend as ’n “draaijakkals” in die volksmond) gewaar nie, maar dan kom die geluk een middag na jou kant toe.

Dís wat met Andries gebeur het, want hy het ook sy kamera gereed gehad, met die regte lens én die lig het saamgespeel.

Die goue laatmiddaglig laat die twee vosse soos skoon labradortjies op ’n almanak lyk

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related