Weg!

MENSE SE LENSE

EDDIE COOMBES

Canon EOS 7D Mk. II
Canon 70-200 mm-lens

EDDIE SKRYF: In September 2023 het ons sewe wonderlike dae in die Kruger geniet. Vroeg een oggend het ons van Satara af suidooswaarts gery in die rigting van die N’wanetsi-piekniekplek.

Kort voor die piekniekplek het ek op die ingewing van die oomblik besluit om suid te draai na die Sweni-voëlskuiling. Skaars een kilometer van Sweni af kom ons toe af op 15 wildehonde!

Dit was ’n besonderse sighting, want vir ’n goeie kwartier lank het ons die ses volwasse en nege jong wildehonde nét vir ons gehad.

Hierna het drie ander voertuie opgedaag en saam kon ons vir nog 15 minute die honde waarneem.

Ek het talle foto’s geneem, maar hierdie een was my gunsteling. Die sluiterspoed was 1/4 000ste van ’n sekonde, die lensopening f3.5 en ISO 800.

Wat ’n voorreg!

TOAST SÊ: Jislaaik, Eddie! Wildehonde doen gewoonlik hulle naam gestand – hulle is wíld!

Wanneer jy wel een van dié sku diere sien, is hy gewoonlik haastig op pad iewers heen en blits net oor die pad voor hy weer soos ’n skim tussen die mopanies verdwyn. Intussen het jy heel moontlik nog nie jou lensdoppie afgehaal nie...

Maar om ’n halfuur saam met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related