Weg!

MENSE SE LENSE

DOMINIQUE MAREE

IG: @dominique_wildlife_ photography

Nikon D810

Nikon -00 mm-lens

DOMINIQUE VERTEL: Ons was in Desember 2018 op toer deur die Kgalagadi-oorgrenspark en het vroeg een oggend van Nossob af in die rigting van Twee Rivieren gery. Ons kom toe ’n troppie leeus teë en stop by twee ander voertuie wat staan en kyk.

’n Wyfie het onder ’n boom gelê met twee welpies wat by haar speel. Later stap ’n groot trop springbokke stadig nader al met die Nossobrivier langs. Dit het die welpies geweldig geïnteresseer. Hulle ma was rustig en het hulle gelos om die trop springbokke dop te hou.

Toe die springbokke redelik na aan die welpies was, het die wind skielik gedraai. Die trop het die gevaar geruik en wegbeweeg. Dis toe dat ek hierdie foto neem met een van die welpies wat sit en die springbokke dophou.

Later het die welpies weer by hulle ma gaan lê. Ons het ’n ruk gewag en gehoop hulle staan op en loop dalk oor die pad, maar hulle was gou vas aan die slaap.

My verstellings was soos volg: Sluiterspoed van 1/2 000ste van ’n sekonde, lensopening f3.5 en ISO 400. Ek het later die kontras ’n bietjie op my rekenaar verstel.

TOAST SÊ: Wildlewefotografie gaan nie altyd oor skop, skiet en... aksie nie. Hierdie “stiller” foto vertel ’n lekker storie. Al

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks