Weg!

Die geboorte van Nossob

In 1963 was die hoofkantoor van die destydse Gemsbokpark op Twee Rivieren in die suide, met Mata-Mata reeds gevestig as buitepos en toeristekamp. Die enigste ander plek waar mense gewoon het, was Unie-end, waar die assistentveldwagter Jan Jannewarie en ’n paar Boesmans gewoon het. Elias le Riche se ouer broer, Stoffel, was Mata-Mata se veldwagter en tussen Joep (Elias en Stoffel se pa) en Stoffel kon hulle effektiewe beheer oor die Auobrivier uitoefen. Hulle het daarin geslaag om stropery te beheer en al die windpompe in werkende toestand te hou.

Die Nossobrivier was ’n ander storie. Noord van Twee Rivieren was daar geen noemenswaardige teenwoordigheid van parkamptenare nie. As parkhoof het Joep elke ses of agt weke die Nossobrivier gepatrolleer, maar na gelang hy verder noord getrek het, het die wildstropers agter sy rug weer na hartelus aangegaan met hulle aktiwiteite. Daarbenewens was daar ook min boorgate vergeleke met die Auobrivier se sestien.

Joep het besef dat sake nie so kon voortduur nie. Hy het besef dat dit nodig was om ’n kamp iewers langs die Nossobrivier te vestig. Die teenwoordigheid en dienste van ’n natuurbewaarder in die noordelike Nossobrivier sou stropery aan bande lê en terselfdertyd ontwikkeling en bewaring bevorder.

In 1963 keer Elias as 23-jarige jong man terug van die Universiteit van Pretoria met sy vars BSc-graad. Hy doen aansoek om ’n pos as veldwagter. Elias kry die pos en sy eerste opdrag is om ’n kamp op die oewer van die Nossobrivier te begin.

Elias het volgens sy pa Joep se instruksies sowat 160 kilometer noord gery, al met die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related