Huisgenoot

SOOS BLOED

‘HY HET IN STILTE GEVEG, ’N GROOT GEVEG, MAAR HY HET NIE VERLOOR NIE’

SOOS tyd, so vlieg als verby, het Theuns Jordaan in sy treffer “Soos bloed” gesing.

Maar nou het die lewe self vir die sanger met die borselkop, helderblou oë en fier postuur verbygevlieg. Op Woensdagoggend 17 November het sy rasperstem stil geword toe hy sy stryd teen leukemie verloor het. Hy is in sy slaap in sy huis in Pretoria oorlede.

Sy dood op 50-jarige ouderdom het as ’n groot skok gekom, want baie Suid-Afrikaners was onder die indruk dat hy op die herstelpad was sedert ’n suksesvolle beenmurgoorplanting in Maart vanjaar. Tipies Theuns het hy sy kankerstryd in privaatheid gestry.

In die dae voor sy dood het hy wel aan ’n hegte vriendin, Jacomien de Villiers, van die platemaatskappy Inhoud Huis, gesê dit gaan moeilik en dat hy swak is en sukkel om te eet. Maar hy het bygevoeg hy “byt vas en glo dinge sal beter raak”, vertel sy oor sy heel laaste boodskap aan haar.

Noudat sy lewenspad tot ’n einde gekom het, laat dit ’n lewensgroot leemte in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir sy derduisende aanhangers was hy ’n superster wat met die sielvolle treffers “Beautiful in Beaufort-Wes” en “Sonvanger” hulle begeester en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related Books & Audiobooks