Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 ‘VAN RUSLAND, MET LIEFDE’

Daar was omtrent vonke toe die skoonhede van die VIA-reeks Ram vir ’n Rus opdaag. Sommige meen die manne moet eerder op eie werf romanse soek

Die Russiese girls lyk dan niks lekke’ nie! Ek sou liewer op Ventersdorp uithang en braaibroodjies maak op Bles se musiek. Regte boere-ouens waardeer dit baie meer!

MAVIS

Een van my goeie vriende is met ’n Russiese vrou getroud. Teen alle verwagtings in is hulle nou al 10 jaar lank saam en baie gelukkig. Sy is so goed vir hom en hy vir haar.

RINA

Die “ramkatte” se Engels klink maar eisj. En as hulle nie eens ’n Suid-Afrikaanse meisie kan vasvat nie, hoe de duiwel gaan hulle dit met ’n Russiese wodka doen.

MARINDA

Lekker kykgenot en baie om oor te lag. Kan skaars wag vir die volgende episodes. Ek is met ’n Switserse man getroud; herkoms het geen invloed. As twee mense kliek, werk dit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Help Familie Met Geldprobleme Só
◗ Sommige mense werk net nie goed met geld nie. Leer hulle hoe om te begroot. Soms verg dit net ’n paar aanpassings, soos besnoeiing van onnodige koste en ’n plan vir rekeningbetalings. ◗ Ondersoek maniere vir die persoon om meer te verdien. As jy se
Huisgenoot3 min read
Pas Daai Tandjies Mooi Op
OM JOU kind tandarts toe te vat kan ’n groot gedoente wees. Soms is dit jou eie vrese wat jou kind gespanne laat voel – volgens die International Journal of Paediatric Dentistry sal die tandartsvrese van een lid van ’n gesin die ander ook beïnvloed.
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se

Related