TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

VERLEDE KEER

’n Aangepaste weergawe van die gelyknamige Argentynse telenovelle. Dié dramedie vertel van twee vroue, Constanza en Remedios, wanneer hulle besluit om hul lang verhoudings te beëindig en binne 100 dae liefde te vind.

Law Of The Heart EINDIG op 14 Nov. en 100 Days To Fall In Love, met Engelse onderskrifte, vervang dit vanaf 15 Nov.

IN DIÉ UITGAWE

Plutarco maak die beste van sy vryheid, maar sy vrye tyd word kortgeknip wanneer Constanza hom oor ’n noodgeval roep. Luis beland in die hospitaal, Remedios besluit om te bedank, en Plutarco het ’n romantiese afspraak met Gloria. Sol begin woes flankeer met Plutarco, Max onthul ’n donker geheim aan Emiliano, en blomme laat Plutarco in woede uitbars. Remedios besluit om mnr. Balderas hof toe te sleep, en dieselfde aand gaan Constanza na Plutarco en probeer hom verlei.

Plutarco is nie gretig om Jimena se partytjie by te woon nie, Plutarco en Sol gaan die aand dans, en later verras Lorena Emiliano met ’n besoek. Jimena raak agterdogtiger oor Luis, Lucia kry sappige inligting op Alejandra se rekenaar – en hopeloos te veel foto’s van haarself – en Plutarco en Constanza sukkel om die skeiding te aanvaar. Luis word deur Jimena in ’n hoek gedryf, maar oortuig haar van sy onskuld, Plutarco gebruik ’n vals aanlyn profiel om inligtig te bekom, en ’n familie-ete word ongemaklik. Plutarco het ’n paar vrae oor iemand se pa, Luis se dubbele lewe kan ontbloot word, en Max hoor ’n gesprek tussen Alejandra en haar oupa.

Plutarco en Constanza soen mekaar, wat Plutarco aanmoedig om by haar aan te dring om hul verhouding nóg ’n kans te gee, maar sy weier en hy is verpletterd. Luis moet verduidelik wanneer Jimena en Aurora wil weet waar hy is, en Remedios word verras deur ’n romantiese ete.

SPELERS: Alejandra Rivera Macarena Garcia Romero •Aurora Villarreal Sofia Lama •Carlos Zapata Héctor Peña •Constanza Franco Ilse Salas •Daniel Cuesta Xabiani Ponce de León •Emiliano León David Chocarro •Gloria Cruz Scarlet Ortiz •Jimena Sosa Sylvia Saenz •Lorena Daniela Botero •Lucia Sandoval Fernanda Urdapilleta •Luis Casas Héctor Suárez Gomiz •Mariana Velarde Sheryl Rubio •Max Barrios Andrés Almeida •Mnr. Balderas Carlos Acosta-Milian •Pablo Franco Lucas Valazquez •Plutarco Cuesta Erick Elias •Ramiro Rivera Humberto Zurita •Remedios Rivera Mariana Treviño •Sol Bernal Marielena Davila

VERLEDE KEER

Sami het Stefan ’n aanbod gemaak wat hy nie kon weier nie, en Kristen het Xander ontmoet en sodoende onthul hulle werk saam. Nicole en Eric het uiteindelik saamgeslaap, Lucas het Bonnie ingelig hy dagvaar vir toesig oor die baba, en Abigail het aan JJ gesê daar’s niks verkeerd met haar nie en Gabi is dalk die een wat die pruik gedra het.

IN DIÉ UITGAWE

John vra Roman om voor te gee hy voel dieselfde as Hattie om haar te oorreed om van John te skei, Lucas verneem Belle is Bonnie se prokureur en Bonnie het ’n teendagvaarding vir volle toesig, en Rex en Mimi herenig. Chad gaan voort met sy plan om Abigail in ’n inrigting te laat opneem, Sami is angstig om uit te vind of die man wat verbrand het, EJ is, en Hattie plaas druk op Roman om sy liefde te bewys deur seks met haar te hê. Claire probeer steeds om tussen Tripp en Ciara te kom, dis Halloween-aand en Hattie kry ’n nagmerrie, en Sami oorreed Kayla om die geheimsinnige pasiënt se bloed vir sy DNS te laat toets. Maggie en Roman hou ’n verlowingspartytjie vir Sarah en Rex, Susan is saam met Victor wanneer sy ’n voorbode kry EJ leef, en John en Belle maak vrede. Paul word ontslaan, en Paul en Will maak planne om na hul nuwe woonstel te gaan.

SPELERS: Marci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Penghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Harper & Sydnee Udell •Austin Peck •Tamara Braun •Martha Madison •Robert Scott Wilson •Peter Reckell •Judi Evans •Eric Martsolf •Peggy McCay •Christie Clark •Billy Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Jordi Vilasuso •Gregg Marx •Vincent Irizarry •Charles Shaughnessy •A Martinez •Lamon Archey •Trey Baxter •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Deidre Hall •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Paige Searcy •Melissa Reeves •Casey Moss •James Lastovic •Drake Hogestyn •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Eileen Davidson •Sal Stowers •Aaron D Spears •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Deidre Hall •Farah Fath •Arianne Zucker •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Kyle Lowder •Josh Taylor •Lindsey Godfrey •Alison Sweeney•Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph Mascolo •Shelley Hennig •Tyler Christopher •Stephen Nichols •Eileen Davidson •Gilles Marini •Kyler Pettis •Asher Morrisette •Lucas Adams •Vanessa A.Williams •John Aniston •Chandler Massey •Paul Telfer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
Openview Vir Almal
Aan die begin van Oktober 2022 het meer as 3 miljoen Suid-Afrikaanse huise hul deure vir TV op die Openview-platform oopgemaak. Openview vier nou dié belangrike mylpaal – én sy 9de verjaardag – met die Openview For Everyone-veldtog, wat tot Maart 202
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC2 Weekdae 21:00
@MUVHANGOSA @MUVHANGOSA @MUVHANGOSA H Weekdae SABC1 (*191) 08:30 H Weekdae SABC2 (*192) 11:30 Thifhelimbilu het iets ontstellends uit die bonatuurlike wêreld gesien, Khumo het Gugu in ’n hoek gedryf, en die vete by MMC het al hoe meer inten
TV Plus Afrikaans2 min read
e.tv Weekdae 19:00
@ETVSA @ETV @ETVONLINE Weekdae e.tv (*194/Oopenvie 104) 19:00 H Weekdae e.tv 11:30 O Sondae e.tv 08:30 Soka het Nomsa probeer troos oor haar besigheid, Funani was vasberade om Ona soos familie te laat voel, en Faith het die waarheid oor Sh

Related