Avontuur Afrika

Pula, Botswana!

Botswana sal altyd ‘n spesiale plek in my hart hê. Dit is die land waar ek, tot my groot verbasing, op wild kampeer en die bos verlief geraak het. Jy sien, ek is ‘n ‘tjokkie-op-die-kussing’ tipe van toeris en wanneer ek honderde kilometers reis dink ek nie dat om op die grond te slaap met hiënas wat om die tent snuffel juis aantreklik is nie.

Wel, dit was die geval tot ek omtrent vyf jaar gelede tot ‘n gesinsvakansie in Khwai ingestem het, redelik teësinnig natuurlik. Toe gaan staan en verloor ek wraggies my hart en raak malverlief op dié mooi land, sy mense en alles wat dit bied. Sedert daardie eerste Botswana toer het ek heeltemal te min teruggekeer, maar was wel al bevoorreg genoeg om die Makgadikgadi-panne, Chobe, Moremi en Khumaga te besoek. Met elke besoek het hierdie pragtige land van groot kontraste my net meer en meer bekoor.

Die Okavango Delta was egter nog altyd op my lepellys en wanneer ek deur die brosjures van die luukse lodges geblaai het, kon ek maar net droom van daardie ‘tjokkie-op-diekussing’ avontuur. Ja, natuurlik om bederf te word. Maar meer nog om by die plaaslike veldgidse wat by die luukse lodges en safari ondernemings werk te leer. Hierdie passievolle natuurbewaarders beskik oor ongelooflike kennis en is bitter trots op hul geboorteland. Verder weet hulle natuurlik ook presies hoe om by daardie prentjiemooi wildsbesigtiginge en besienswaardighede uit te kom! Gepraat daarvan – op al my vorige Bots besoeke het leeu se kind my ontwyk so ek wou nog altyd bitter graag ‘n leeu in Botswana sien. En aangesien ons mos nou droom, wat van ‘n paar ander spesiale besigtinginge soos ‘n luiperd, wildehonde en dalk die baie sku Sitatunga waterbok? O, en natuurlik, die ontwykende Pel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Wenke Om KBV’s Te Onderskei
Maak ‘n kortlys van ‘n paar spesies, gebaseer op watter deel van die land jy jouself bevind. Bekyk die area goed vir tipiese habitatte soos ‘n rietbedding, vleilande of ‘n stofpad in die dorre Karoo en bestudeer dan die verspreidingskaarte in jou voë
Avontuur Afrika3 min read
Goed Op Dreef
Die lewe is ‘n reis wat deur mylpale gekenmerk word en soos ons deur sy kinkels navigeer, skryf ons die hoofstukke in ons persoonlike lewensverhaal. Dieselfde geld vir Avontuur Afrika. Alhoewel sommige uitgawes dalk as meer noemenswaardig as ander be
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens

Related