Weg!

Spys vir jou reis

Vir daardie hol kolletjie…

Wanneer jy nie in’n gastehuis oornag nie, bestaan ontbyt gewoonlik uit koffie en beskuit en dalk, as jy gelukkig is, oorskietkos van gisteraand. Maak seker jy het genoeg snoepgoed om jou te hou tot middagete. Hier is ons keuses.

Energiestafies

Pak verskillende soorte in om dinge interessant te hou, maar hou jou oog op die suikerinhoud.

Droëvrugte en peuselpakkies (trail mix)

’n Mengsel van droëvrugte soos rosyntjies, piesangskyfies en appelkose saam met neute, sade, granola en selfs superkosse soos gojibessies sal jou energievlakkie heeldag hoog hou.

WENK Vir beter balans met die soetheid maak seker daar is meer neute in die mengsel as vrugte en ander soetighede. Jou eie smaak bepaal of jy rou of geroosterde neute gebruik, maar wees lugtig vir bestanddele soos klappervlokkies en pofrys. Dit vat onnodige plek op sonder om enige noemenswaardige kalorieë by te dra.

Kitshawermout

Kitshawermoutsakkies is vinnig en maklik om te gebruik – jy gooi bloot kookwater by. As jy avontuurlik is, kan jy selfs die pakkie as jou bakkie gebruik. Sny hom versigtig oop, gooi

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg5 min read
Só Vis ’n mens
Wat doen julle wanneer julle nie skryf nie? Henk: Ek is al vir meer as 20 jaar ’n stapen fietstoergids en bevoorreg genoeg om toere na vele verre plekke te lei – deur Afrika, Europa, die Amerikas en die Middeen Verre-Ooste. Ek stap al van kindsbeen a
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related