SARIE

’n Wêreld vol verbeelding

De Klerk Oelofse was so agt of nege jaar oud toe hy een van die dissipels in hul kerk se passiespel was. Tydens die repetisie was die juffrou nie tevrede met die opstandingstoneel nie. “Julle moet darem méér reageer. Julle sien ’n man wat opstaan uit die dood.” Toe “Jesus” weer herrys, maak De Klerk asof hy flou val.

Vandag gee De Klerk steeds sy alles vir ’n rol. Of dit nou is as die hakkelende speurder in Die Boekklub of die boer in Hotel wat so lekker bry, of ’n klein rolletjie iewers – hy gee hom ten volle oor aan die proses en die regisseur se visie. “Ek dink nie die juffrou het destyds mý proses so waardeer nie . . . as ek reg onthou, het hulle in ’n stadium selfs my woorde weggevat!”

De Klerk, wat gewoonlik sku is vir onderhoude, is in ’n vrolike luim waar ons op ’n sonnige wintersdag by ’n straatkafee in Tamboerskloof gesels. Hy het pas ’n toneelrepetisie met ’n klompie akteursvriende agter die rug, sy eerste in meer as ’n jaar.

“My laaste verhoogoptrede was in Maart 2020. Ek het geweet dit gaan lank wees voor dit weer gebeur, maar ek het nooit kon dink só lank nie. Ons almal het so ’n bietjie gerou. Vanoggend het ek besef wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related