Huisgenoot

OP REIS MET SY EMMERSKOPLYS

OP SY broer se begrafnis was dit duidelik Royd Tolkien is senuweeagtig en gebroke. Maar net toe hy regmaak om’n toespraak oor sy broer, Mike, te lewer, gebeur iets wat die familie en vriende van skok laat verstar het.

Dit was asof dit in stadige aksie gebeur: Op pad vorentoe het Royd gestruikel en sy kop teen die verhoog gestamp.

n Ongemaklike stilte het’n paar oomblikke lank geheers. Toe haas’n vriend nader om te help. Maar Royd – die agterkleinseun van die skrywer van The Hobbit, J.R.R. Tolkien – het vinnig herstel, opgestaan, agter die preekstoel gaan staan en sy hand in sy sak gesteek. Op die stuk papier wat hy uitgehaal en omhoog gehou het, was geskryf: “Struikel en val

Om op sy begrafnis te struikel was die eerste taak op’n emmerskoplys van 50 items wat Mike, wat op 39 dood is, vir Royd gegee het.

Die tydsberekening was perfek.

“Ek het opgekyk en almal het oogkontak vermy en gewonder wat om te doen. Maar toe haal ek die stuk papier uit, en dit was so’n verligting – en’n gevoel van: ‘O, dis tipies Mike…’

“Maar dit was iets moois. Dit was nie om my soos’n idioot te laat lyk nie – wel, dalk’n bietjie – maar hy het geweet dit sou vir almal daar’n verskriklike situasie wees en dat dit die ys sou breek.”

Die emmerskoplys is oor’n paar jaar saamgestel terwyl Mike ál sieker geword het aan motorneuronsiekte (MNS), die dodelike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related