Huisgenoot

GEBEDE BY KERSLIG: ’N GANSE GEMEENTE IN ROU

SAAM met die sterre wat aan die hemeltrans flonker, flikker kersvlammetjies voor huise al langs Wandelstraat. Dit strek verder soos ’n ligspoor in die donker tot by die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) hier op Vredendal, die Namakwalandse dorp waar ’n ganse gemeente deur covid-19 verrinneweer is.

Nege van die gemeentelede is binne twee weke dood – weggeruk deur die virus wat so min voel vir goeie mense.

By Wandelstraat 29 het Laetitia Martins (48), ’n gemeenskapsleier en raakvatter by die kerk, aan die einde van Mei begin om saans met ’n brandende kers in die hand hardop op die sypaadjie voor haar huis te staan en bid – vir bystand en wysheid van die Here tydens hierdie vlaag van die pandemie wat dood en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related