WYS IN WINGERDE
Sturvy titels beteken vir haar sweet boggerol.“Dit maak tog nie die mens nie,”sê Denise Stubbs (49) hier by Diemersfontein op Wellington waar ons aan ’n koffietjie teug.
Daar is geen titels op my besigheidskaartjie nie, verduidelik dié besigheidsontwikkelingsdirekteur van Diemersfontein en CEO van Thokozani. Dis ’n gasvryheiden-wyn-bemagtigingsmaatskappy met sy 65 plaaswerker-aandeelhouers wat 55% van die handelsmerk Diemersfontein besit.
Thokozani beteken“celebration”, en spog met hul eie vierster-gastehuis hier op die plaas, asook drie wynreekse – Thokozani, Ovation en Diemersfontein. Plus, hul produkte word na sewe lande uitgevoer.
Nee kyk, dít kan jy maar oorvertel – dié ystervrou het goeie rede om te celebrate as bobaas in die wynbedryf, al het sy eers op 37 haar heel eerste glas wyn geproe.
Sy was een van twee Suid-Afrikaanse vroue wat 2019 se International Enterprising Women Award verower het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days