Landbouweekblad

Doen basiese dinge reg vir volhoubare veeboerdery

Soos menige landboubedryf is veeboerdery kort-kort onder groot druk. Boere moet nie net oor onnodige politiekery en ’n papperige ekonomie seëvier nie, maar baklei ook teen droogtes, vloede, ongunstige produktepryse en hoë insetkoste.

Daarom is die jaarlikse LRF-Veeskool wat deur die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), Breedplan en Landbouweekblad aangebied word, so waardevol vir veeboere en ander belangstellendes. Verlede jaar se tema was: Terug na die basiese beginsels. Lesings is deur talle buitelandse en plaaslike kundiges aangebied. In hierdie artikel val die kollig op die belangrike aspekte van volhoubare veeboerdery.

WEET WAT AANGAAN

Dr. Frikkie Maré, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, het gesê as ’n mens wil uitvoer, “moet jy weet wat aangaan”.

Eerstens moet die boer ’n produk hê wat mededingend is wat prys en gehalte betref.

“Jy moet oorweeg of jy die vee op weiding of graan wil grootmaak en afrond, die vleis in verkoelde of bevrore vorm gaan bemark, en watter snitte jy wil verkoop.

“Die uitvoerder moet uiteraard seker maak hy het ’n mark vir sy produk en die markneigings in aanmerking neem, naamlik of dit ’n stygende, dalende of konstante mark is, wat die vraag na die produk is en wat die verbruiker se voorkeure is (soos klas, tipe en vetheidsgraad). Daarvoor moet hy deeglike marknavorsing doen.”

Maré het gesê die uitvoerder moet ook die land se gesondheidstatus in ag neem. Die belangrike uitvoerbeperkende siektes is onder meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Carnarvon Se Ysterman
Die groot bedreigings wat Karooboere die afgelope 20-30 jaar laat les opsê, het individuele boere as leiers laat opstaan en uitstaan. Hulle is jonk en entoesiasties en kyk anders na die wêreld as vorige geslagte. As jy wil hoor wat in dele van die we
Landbouweekblad2 min read
Aanpasbare Diere Waarborg Sukses
Met die klem op prestasietoetsing en aanpasbaarheid behaal die Advocate-stoetery van regter Callie Cillié en sy dogter, Erina Cillié-Du Preez, deurlopend sukses in die Sussex-bedryf. Cillié, wat intussen sy regstoga opgehang het, en sy steunpilaardog
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
Die gemeenskap van Graaff-Reinet wag al dae lank — eintlik al meer as ’n dekade — vir die Nqwebadam om oor te loop. En nadat honderde millimeter reën sedert einde Maart oor dele van die Karoo begin val het, het die dam middel April oor sy walle begin

Related