Landbouweekblad

Aanvaar klimaatverandering en beraam planne

Dit is ’n feit dat die klimaat gaandeweg verander en boerderytoestande in Suid-Afrika nóg moeiliker maak as wat dit reeds in hierdie halfdroë deel van Afrika is. Daarom is daar nie tyd vir onbenullighede en ’n gestryery oor beuselagtighede nie. Bestee die tyd eerder op ’n wyse manier om oorlewings- en geldmaakplanne te beraam.

Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikaner-beestelersgenootskap, het op ’n Afrikanerbees-opleidingsdag op sy plaas, Trekpad Safari’s, naby Thabazimbi in Limpopo gesê die werklikheid is dat miljarde mense moet eet, terwyl voedselproduksie deur klimaatverandering beperk word en die Covid-19-pandemie die hele wêreld lamlê.

’n Belowende wildbedryf lê aan skerwe, “terwyl ons eintlik geweet het kleurvariante en skaars wild teen belaglik hoë pryse is nie volhoubaar nie”. Baie boere wat hierdie boerderyvertakking beoefen het, het bloedneus gekry en is nou in ’n groot dilemma.

“Daar is boere wat vanweë trots sal staan en val by ’n spesifieke boerderyvertakking of beesras. Wanneer hulle boerdery moet laat vaar, pak hulle die skuld op iets anders, soos politiek,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad5 min read
Voëltoerisme Gee Boerderye Vlerke
Toerisme kan die wa deur die drif trek wanneer natuurrampe en die politiek aan ’n plaas se winsgewendheid knaag. Voëlkyktoerisme is wêreldwyd ’n snel groeiende nismark in die ekotoerismebedryf, en plaaslik het dit ’n hupstoot gekry danksy ’n projek v
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.

Related