Landbouweekblad

Genomika kan veebedryf transformeer

KORTOM

■ Genomiese ontledings word reeds gebruik om die geskikste osse vir ’n voerkraal uit te kies.

■ ’n Naspeurbaarheidstelsel is nodig omdat daar wêreldwyd kommer by verbruikers is oor siektes, vleisveiligheid en dieresorg.

■ Beraamde teelwaardes is ’n kragtige werktuig vir teling, maar die teler moet weet hoe om dit aan te wend.

Tegnologie is belangrik vir individuele rooivleisprodusente en lande om internasionaal mededingend te bly, volgens buitelandse en plaaslike kenners wat einde verlede jaar deelgeneem het aan die LRF-Veeskool, wat weens die Covid-19-pandemie virtueel aangebied is.

Die jaarlikse LRF-Veeskool word deur die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), Breedplan en Landbouweekblad aangebied, en is waardevol vir veeboere en ander belangstellendes deurdat dit noodsaaklike inligting aan die rooivleisbedryf oordra. Die tema vir 2020 was: Terug na die basiese beginsels. Verskeie tegnologiese hulpmiddels is bespreek.

GENOMIKA SE BYDRAE

Die rol van genomika is deur mnr. Christian Duff, strategiese projekbestuurder van Angus Australië, toegelig.

Genomika beskryf ’n reeks DNS-gebaseerde tegnologieë wat te doen het met die struktuur, funksie, evolusie en kartering van genome (die volledige stel gene in ’n organisme).

Duff het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related