Huisgenoot

ONS NUWE NES IN DIE VERRE NS

’NAFRIKAANSE sanger en ’n Olimpiese hoogspringer – twee bekende persoonlikhede, maar uit verskillende wêrelde.

Gaan dit ooit hou? So het doemprofete luidkeels gevra toe Jurie Els en Hestrie Cloete op 30 September 2005 getroud is.

Maar nou is dit 16 jaar later – en dit hét.

“Ons het vir seker al sewe sakke sout saam opgeëet, en ons is dankbaar daarvoor. Verliefdheid het met die jare oorgeskakel in liefde; ons is steeds baie gelukkig saam,” sê Jurie.

“Ons aanvaar en ondersteun mekaar en gee mekaar die nodige ruimte. Ons is albei bekende persoonlikhede, en dit help baie dat ons albei verstaan watter druk roem op individue en ’n huwelik plaas; dit kom nie net van een kant af nie,” vertel hy vanuit hul nuwe tuiste in die buurt Bayview, hoog in die heuwels aan die Auckland North Shore in Nieu-Seeland.

In hul nuwe land, waarheen hulle 13 jaar gelede geëmigreer het, floreer hul twee kinders. Die oudste was nog ’n pikkie en die jongste net in die vooruitsig toe die egpaar Suid-Afrika destyds verlaat het, maar hulle het intussen mense uit eie reg geword. Chrizette is nou 14, ’n modelmooi rooikop wat haar pa se musiektalent geërf het. Jason is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related