Baba & Kleuter

MOENIE GAAN LÊ NIE!

Aktiewe geboorte is instinktief. Dit behels dat jy sonder pynverdowing normaal en spontaan die lewe skenk, volgens jou eie wil en deursettingsvermoë en met die vryheid om jou liggaam te gebruik soos jy wil en jou oor te gee aan enige drang wat jy voel.

Aktiewe geboorte is ook ’n kopding. Dit behels vertroue in die natuurlike werking van jou lyf en oorgawe aan die verloop van die geboorteproses. Ons vertel meer ...

WAT BETEKEN AKTIEWE KRAAM?

Aktiewe kraam is die manier waarop jy optree wanneer jy jou instink en die logika van jou lyf vertrou en volg. Dis hoe jy in beheer van jou liggaam bly terwyl jy die lewe skenk, eerder as dat jou mediese span jou bestuur.

Die besluit om aktief te kraam, gee jou baba die beste moontlike begin in die lewe en kenners wêreldwyd meen dis die veiligste oorgang van die baarmoeder tot in die wêreld.

Jou ankers terwyl jy aktief kraam is jou geboortemaat en ’n kundige, positief ingestelde vroedvrou of mediese versorger.

Soos die bekende Britse ginekoloog wyle Grantly Dick-Read dit gestel het: “Die vroedvrou, suster, dokter of verpleegster moet alle aanslae van vrees kan wegwerk en moet ’n bron van krag wees wanneer die vrou in kraam begin twyfel en haar selfbeheer begin faal. Hierdie versorger moet uiters kundig wees in die sielkundige sowel as die fisieke verskynsel van kraam.”

Dick-Read, ’n groot voorstander van natuurlike geboorte, se boek het in 1942 verskyn en word steeds hoogs aanbeveel. Al die bekende kontemporêre geboorte-aktiviste soos Jan Tritter (redakteur van ), Janet Balaskas (skrywer), Ina May Gaskin (wêreldbekende vroedvrou) en Michel Odent (pionier van aktiewe kraameenhede) is dit eens dat dié boek verantwoordelik was vir die geboorterewolusie wat stadig oor die volgende paar dekades in die Weste sou begin ontvou.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
Avontuurlustige Woelwater
Die lewe is vir Stefan een groot avontuur. Hy is ’n bedrywige seuntjie wat op sy gelukkigste is agter ’n stuurwiel of in sy pa, Henno, se arms. Hy speel eerder buite as binne en gaan nêrens sonder sy hasie, Bollie, nie. Hy geniet pannekoek, melktert,
Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel
Baba & Kleuter6 min read
Etiket Vir Ouers
Dis die soort storie wat so vreemd is dat dit waar móét wees. Gerda het vir haar eenjarige dogter ’n verjaardagpartytjie gereël, natuurlik met koek en tee vir die mammas. Groot was haar skok toe een ma ’n baba in haar arms druk en koers kies – net om

Related