WEEK 1 EN 2
’N PASGEBORENE KAN GELYK SKRIK ÉN SLAAP
■ Jou baba sal skrik vir harde geluide soos die telefoon wat lui of ’n deur wat klap. Hy sal egter dwarsdeur die geluide kan slaap omdat hy nie daarop ingestel is nie. Jy hoef jou nie te veel te bekommer oor geraas nie, want dit pla jou baba nie juis nie.
■ Teen die einde van die eerste week sal jou baba beter op jou gesig