SARIE

36 vrae die sleutel tot ware liefde?

Vandat ons hormone begin lol, begin ons droom van die régte een. Ons weet teoreties daar is dalk nie so iemand nie – maar ons bly soek na Mnr. of Mev. Perfek.

Die versugting na ware liefde, wat – so glo ons – ons kan pantser en sterk hou teen die aanslae van buite, is universeel. En dikwels hoop ons op ’n stootjie in die regte rigting of teken van die heelal.

Volgens die “liefde-eksperiment”, wat reeds in 1997 deur die Amerikaanse sielkundige Arthur Aron geformuleer is, kan twee mense mekaar ná sowat 36 wedersydse vrae (en ’n intense staarsessie van drie minute) só goed leer ken en soveel intimiteit skep, dat daar ’n goeie moontlikheid bestaan dat hulle verlief sal raak.

Gegrond hierop is tans op Via, bekend vir sy fokus op verhoudingsprogramme, te sien. In dié reeks van 13 programme neem plaaslike proefkonyne van 20 tot 60 jaar aan hierdie eksperiment deel. Hul loopbane wissel van ’n radioaanbieder tot ’n akteur in die kykNETsepie (sowaar!), asook ’n restauranteienaar, fiksheidsinstrukteur, iemand met ’n sokkerkonsultasieagentskap in Barcelona, ’n fisioterapeut, prokureur, ook studente . . .

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Modedinge
Loopplankfoto’s Getty Images, produkfoto’s verskaf* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel ■
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related