Weg!

Kuier-kuier deur Kreta

In ’n helder oomblik in 1980 pen die verloopte Skot Colin Hay dié enigmatiese woorde vir sy Aussierockgroep Men at Work neer: “Traveling in a friedout Kombi, on a hippie trail, head full of zombie.”

Dis een van die eerste frases op hul groot treffer “Down Under”, en vier dekades later sing almal steeds lustig saam oor die deugde en vergrype van die mense Doer Onder. Maak nie saak wat jou opinie oor kangaroes of skuurpapier is nie.

Dis middel September en ek en my fiets is op pad na Kreta vir ’n twee weke lange toervakansie. Maar eers moet jy Griekeland se krom alfabet op kennisgewingborde, en ’n unieke benadering tot orde, baasraak. Die beknopte Griekse lughawe is propvol gryskop Santorini-gangers in geblomde hemde, en by die metaalverklikker sukkel twee moedelose generaals om die sweterige tou mense korter te kry.

Vaderland dis warm – teen 07:00 al het die lugversorging hande in die lug gegooi – en ek’s seker iemand het ’n lap wol op my tande geplak ná ’n nag op ’n sponslose bankie in die lughawe. Welkom in die georganiseerde chaos van Griekse administrasie. Het iemand “finansiële krisis” en “Griekeland” gesê?

Ek wag by die soveelste sekuriteitshek op ’n reeks verbindingsvlugte, en ligdag of te nie, nou haal ek die swaarkaliber-regmakers uit: my musiekstokkie met ’n paar fris rocknommers op. In sy ikoniese treffer beskryf Colin Hay hoe hy rondom die wêreld getoer het. Maar oral waar hy kom, herinner iets hom aan Australië. Nou, oor die kangaroe-kontinent voel ek so-so. Dis egter die hippietoerpad in sy liriek wat my nog altyd fassineer.

Tydens ons isolasiejare het Suid-Afrikaners ’n paar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related