Huisgenoot

MY HARTSVRIENDIN CHARMAINE

DIT is al meer as 16 jaar vandat die veroordeelde moordenaar Charmaine Phillips by die tronkdeure van die Kroonstad-gevangenis uitgestap het.

Sedertdien het baie dinge verander in die lewe van die vrou wat in die 1980’s saam met haar kêrel, Pieter Grundlingh, berug geword het as Suid-Afrika se Bonnie en Clyde nadat hulle aan vier moorde skuldig bevind is.

Pieter het die doodstraf gekry, maar Charmaine het haar tronkstraf uitgedien en haar lewe omgekeer.

In die tronk het sy besluit die dag wanneer die tronkdeure agter haar toeslaan, stap sy ’n eerbare mens daar uit – ’n mens wat vir haarself ’n lewe sal kan maak.

Sy het haar eersteling in haar lewe terugverwelkom nadat hy as baba aangeneem is en haar tweede seun – haar netseun Pietertjie uit haar verhouding met Pieter – aan die dood afgestaan toe sy lewe ontspoor het.

Ná haar vrylating het Charmaine haar eie haarsalon oopgemaak en is sy ook getroud. Maar sy het haar nuwe verhouding en lewe uit die kollig gehou.

Deur die jare het een ding dieselfde gebly: haar hegte band met ’n joernalis wat kort ná haar vrylating ’n storie kom soek het, maar ’n hartsvriendin gekry het.

Charmaine (nou 57) wil haar gesin se privaatheid beskerm en staan nie onderhoude toe nie, maar het ingestem dat dié vriendin, die oud-Huisgenootjoernalis Terésa Coetzee, vertel van die pad wat hulle twee al saam gestap het.

Nadat Terésa onlangs in die VIAreeks van haar vriendskap met Charmaine vertel het, het sy toe ook dié verhaal vir geskryf.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related