Huisgenoot

MY BROER SE MOORDENAAR, NÁ 42 JAAR

‘Dit het dekades geneem, maar hier is ons nou. Die saak is gesluit. Ek self het nie regtig gedink ek gaan slaag nie’

HY WAS net 10 jaar oud toe hy destyds plegtig by die graf van sy 12-jarige boetie belowe het: “Eendag gaan ek jou moordenaar vang.”

Die jaar was 1978, en die wrede moorde op Kosie Breedt (12) en sy maatjie Johan Lubbe (11) het die land geruk. Hul ontbindende lyke is agt dae ná hul raaiselagtige verdwyning deur die polisie tussen wilgerbome en kosmosblomme in die Johannesburgse woonbuurt Windsor Park gekry.

Die belofte wat hy in April daardie jaar op Kosie se begrafnis aan sy vermoorde ouboet gemaak het, het Chris Breedt (53) in die dekades daarna nooit vergeet nie. Dit het hom ook gedryf om ’n ondersoeker te word wat soortgelyke sake probeer uitpluis om geregtigheid te laat geskied vir die slagoffers van wrede misdade – slagoffers soos sy geliefde boetie.

As privaat speurder het Chris al aan opspraakwekkende sake soos die moord op die Johannesburgse student Leigh Matthews gewerk. Maar vandag, ná 42 jaar, kan hy eindelik die belangrikste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related