SARIE

My werk kwyt, waarheen nou?

Tot 305 miljoen heeltydse werkers wêreldwyd sal hul werk verloor
Volgens die internasionale arbeidsorganisasie (ilo.org)

“Wanneer jy die nuus hoor, staan jou kop stil. Dan begin die hardeskyf in jou brein oortyd werk. Jy wonder hoe lank die topbestuur al van die besluit weet, en wat geword het van die planne wat hulle met jou bespreek het oor ’n nuwe sakebesluit rakende Afrikaanse tydskrifte in die maatskappy. En hoekom jy en jou span deur vlak vyf en vier van die grendeltydperk alles in jul vermoë moes doen om die tydskrif steeds te publiseer . . .”

Ná tien jaar aan die stuur van ’n bekende Suid-Afrikaanse tydskrif is die mat onder Eldaleen Hugo uitgeruk. Saam met verskeie ander redakteurs en bestuurders in dieselfde afdeling van die mediamaatskappy is sy binne twintig minute in ’n konferensiesaal ingelig sy het haar werk verloor. “Tjoef!”

Die rimpeleffek van die bom wat gebars het, was soos die naskokke van ’n atoombomontploffing, vertel sy. Sy moes die nuus aan haar spanlede en vryskutte oordra, maar voor sy hulle kon laat weet, het die nuus reeds op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE6 min read
WENNERS NÉS MA & PA
Resepteboekskrywer Marisa de Bruyn oor modeontwerper-ma Marianne Fassler Toe Marisa de Bruyn van Ladybrand in die Oos-Vrystaat ’n resepteboek-projek aanpak, ten bate van haar kinders se skool, kon sy put uit die kreatiwiteit van drie generasies vroue

Related