As grendelgiere gewoonte raak . . .
Mense het in die grendeltyd talle nuwe vaardighede en gewoontes aangeleer, en selfs ou vreugdes herontdek: voëlkyk, broodbak, foto-albums uitsorteer, gesinsjoga in die sitkamer, selfdoen-projekte, ’n kruietuin kweek . . .
Hiermee saam het ’n hele paar ander praktyke ook wortelgeskiet. Zoom-vergaderings en webinare het deel van tuiswerkers se woordeskat geword. Ook aanlyn klasse het al hoe gewilder geraak. Wanneer sou jy immers ooit weer soveel tyd hê om jou te kon instudeer in enigiets van seepmaak tot Italiaans praat – en dit alles met ’n klik van jou rekenaarmuis?
Of almal ewe entoesiasties met hul nuwe gewoontes en stokperdjies sal volhou soos wat mense toenemend uit hul huise beweeg, sal net die tyd leer. Soos een SARIEleser skryf: “Ná daardie eerste frantiese ‘huis organiseer en spenskas van hoek tot kant uitsorteer’-sessies, het my geesdrif mettertyd getaan tot ek net wou lê en series kyk saam met die kinders!”
Navorsing wys dit kan enigiets tussen 18 en 254 dae duur vir ’n
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days